België, dit voel amper soos ‘n vreemde land

Verlede Maandag het ek met die Eurostar Brussel toe gery om na ‘n paar gigs toe te gaan. Natuurlik was die gigs fantasties en het dit baie geniet maar dis nie so interessant om vir julle te lees as ek net oor gigs skryf nie so dink ek dis meer interessant om oor my verblyf te skryf.

Ek was laas in België in Augustus en dit was goed om terug te gaan en om vriende weer te sien en om nuwe vriende te maak. Ek begin dink dat een dag ek almal in Vlaandere sal ontmoet, hulle is baie vriendelik. Nes toe ek in Leeds was, was daar soveel bedelaars en huiselose mense in Brussel wat op die strate slaap. Dit was ook vreeslike koud, veel kouer as Engeland. Al groot stede is vol bedelaars so blameer ek België nie, maar jy sien nou veel meer baie arme mense as ‘n paar jare gelede, dis ‘n teken van die huidige situasie.

Ons het ook Brugge besoek want ek wou sê ek is in Bruges. Dis ‘n baie mooi stad, baie histories en daar was aantal toeriste en ons het om geloop en kiekies geneem maar ongelukkig kan ek geen oplaai nie. Die Begijnhof is besonders mooi en ek het nooit daardie woord in Engels gehoor nie dus het ek iets nuuts geleer.

Ons het ook Tilburg toe gegaan maar het vir slegs ‘n paar ure gebly. Jy kan beslis ‘n verskil tussen Nederland en Vlaandere voel. Toe ek Afrikaans met hulle probeer praat, kon niemand my goed verstaan wat nie ‘n verassing was nie. Ek besef nou die groot verskille tussen die tale en ek sukkel om verstaanbaar te wees. Elke keer toe ek dit praat, het ek eintlik net gemompel en al die woorde vergeet so besluit het om Engels te praat. Dis ‘n jammerte, maar makliker vir ons almal.

‘n Vriend het vir my die Prisma Miniwoordenboek Afrikaans-Nederlands Nederlands-Afrikaans gekoop. Van my perspektief af is dit baie interessant maar my Nederlands is nie so goed nie so miskien sou dit meer nuttig wees as jy Afrikaanssprekend wat in Nederland bly, is. Ek moet nou vir hom ‘n Afrikaanse boek gee en vra hom hoe dink hy ook die taal.

Vrydag ry ek Luxemburg toe en dan Parys vir die naweek en ek sien baie daarna uit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam