Terug in Leeds

Woensdag het ek Leeds toe vir The Sisters Of Mercy gigs gegaan, wat baie pret was. Dit was ook ‘n geleentheid om weer vriende uit België en Duitsland te sien en om lekker uit te hang. Kyk na die foto’s en jy kan amper niks sien nie, net donker ligte, room en die skets van lywe. Ek het ook beloof om ‘n resensie te skryf so nou moet ek dit doen voor ek Brussel toe ry.

Ek was op universiteit in Leeds – die ware universiteit, nie die poly nie – so dis goed om af en toe terug te gaan. Duidelik het die stad verander en hernieu en daar’s nou bars, restaurante en modiese winkels en mense lyk baie deftig. Terselfdertyd sien jy hoe arm veel mense is, bestaan daar nog ware armheid. Daar’s veel mense wat The Big Issue verkoop en dis koud en jy is bewus net hoe meer gelukkig jy is as hulle. Ek onthou nie ‘n keer toe dit so arm soos nou gelyk het nie. Die sentrum is vol nuwe geboue, woonstelle en winkels, maar meeste winkels verkoop goed wat niemand nodig het nie en baie winkels is toe. Ek kan dieselfde ding oor Londen sê en miskien is die makikler om op te merk as jy in ‘n verskillende stad as in jou eie is. Ons almal voel die impak van die resessie en die huidige geldelike moeilikhede.

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam