Daily Archives: 02/02/2011

‘n Paar dae vakansie

Volgende week begin my CIMA kursus weer, so sal ek buite die kantoor in die dag wees. Ek word nou eintlik ‘n bietjie opgewonde, ek wil net begin studeer en ‘n studie plan maak.

Hierdie maand vat ek ‘n paar dae verlof en gaan Leeds, Brussels en Tilburg toe. Dieselfde rede soos altyd, ek gaan The Sisters Of Mercy sien speel – ja ek was ‘n goth toe ek jong was. Dis altyd baie lekker om vriende uit VK, België en Duitsland weer te sien en om saam uit te hang. Ek glo België is die land wat ek die meeste kere op vakansie besoek het. Ek sal by vriende in Gent kuier en as ons tyd het, kan ons hopelik Brugge of een van die ander mooi Vlaamse stede besoek.

In Maart gaan ek weer weg, hierdie keer na Luxembourg en Parys toe met die Eurostar. Ons bly vir net een aand in elke plek so sal nie veel kan sien nie. Ek het een keer deur Luxembourg op die trein gery so dis die eerste keer om die land en dorpies te sien. Dit sal my derde keer in Parys wees maar ek het nooit die beroemde toeriste aantreklikkhede gesien nie so moet ons beslis die Eiffeltoring of die Arc de Triomphe sien maar ek besef ook dat die kans is, sal ek waarskynlik net die kroeë en bars sien. Dis hoe ek rol.