Daily Archives: 14/12/2010

British Library

Saterdag het ek na die British Library toe gegaan om die Evolving English: One Language, Many Voices tentoonstelling oor die ontwikkeling van die Engelse taal te sien. Ek stel groot belang in Ou Engels soos Beowulf en die Anglo-Saxon Chronicle. Daardie tydperk was baie belangrik in die ontwikkeling van beide Engels, wat nou ‘n wêreld taal is, en vir my land en sy kultuur; onthou, ek is Engelsman.

Toe ek op skool was, moes ek ‘n bietjie Chaucer en Shakespeare studeer. Ek dink ek is dalk die enigste leerling wat dit nie kon begryp nie of seker het ek met Chaucer gesukkel en Shakespeare was ook moeilik. Ek was nie die slimmste kind ter wêreld nie. Soveel ander mense sê dat hulle dit amper vlot verstaan, maar na my mening was dit baie anders as die Moderne Engels wat jy en ek vandag praat. Ek meen, ek hou baie van die Engels in die Wyclif, Tyndale en King James Bybels – hulle is so mooi en die bronne van baie uitdrukkings in huidige Engels – maar ek sukkel soms om dit te volg en hulle is in Vroeë Moderne Engels geskryf. Miskien is die probleem dat die font/geskrif so anders is wat ek dit skaars kan uitwerk.

Die tentoonstelling was interessant maar ek moet erken dat ek ‘n bietjie teleurgestel daarmee was. Vir my was die nie genoeg Ou Engels nie maar ek weet daar bestaan nie veel boeke uit daardie tydperk nie. Ek is bly dat ek gegaan het, dit was gratis en die boekwinkel was vol interessante goede.