Daily Archives: 29/11/2010

Rugby en Afrikaans

Saterdag het ek na die Engeland teen Suid-Afrika rugby wedstryd toe by Twickenham gegaan.

Ek het ‘n baie cool tyd gehad, ek het saam met Willem gegaan en hy ken veel meer oor rugby as ek. Ongelukkig was dit ongelooflike koud en dit het geen verskil gemaak hoeveel biers ek gesuip het nie, het ek nie warmer geraak nie! Engeland was nie goed nie wat vir my ‘n teleurstelling was maar Suid-Afrika het die sege verdien. Daar was ‘n baie vriendelike atmosfeer en ons het met ander Engelse en Suid-Afrikaanse ondersteuners gelag.

Donderdag, Vrydag en Saterdag het ek met ‘n paar Suid-Afrikaanse vriende uitgehang en dus kon ‘n bietjie Afrikaans met hulle gepraat. Dis vreemde ding is, het ek eintlik baie min Afrikaans met hulle gepraat want ons kon nie mekaar goed in die kroeg hoor nie en ek was baie moeg.

Op die ander kant het ek ‘n Engelse vriende se Afrikaanse vriend ontmoet en ons het ‘n lekker gespreek in Afrikaans gehad. Miskien was dit makliker om met iemand nuut Afrikaans te praat want ek voel ek moes amper vir hom my Afrikaans bewys dat ek eintlik die taal ken (die wêreld is vol mense wat eis om ‘n vreemde taal te kan praat maar as jy hulle vra, wil hulle baie selde dit met jou praat nie…). Ek is nie só nie.

Toe het ek Sondag ‘n bietjie skype met Eben en Natalie in Kanada gedoen. Dit was so lekker om weer met hulle te praat maar ek het destyds nie so goed gevoel nie (na drie nae van suip) so moes ek net Engels praat! Ons het gesels oor planne om miskien volgende jaar Suid-Afrika toe te gaan so is ek nou baie entoesasties om uit te gaan. My vrou sê ek mag gaan, al wat ek nou moet doen, is ‘n plan maak.

Foto’s van Twickenham af.

Engeland skop

Engeland skop

Suid-Afrika donner Engeland

Suid-Afrika donner Engeland