Ek het ‘n kaartjie vir die Bokke wedstryd!

Ek is baie bly want ek het vandag kaartjies gekoop vir die komende Engeland teen Suid-Afrika rugby wedstryd by Twickenham op 27 November. Dit sal die eerste keer wees dat ek Engeland sien speel. Soos jy weet is ek nie die grootste rugby fan nie maar ek hou daarvan kyk, dis goed om iets anders en iets nuuts om te doen en ek sal vir Engeland juig. Twee vriende van werk en my tjommies W en JJJ kom ook. My oom uit Johannesburg gaan ook maar ek is nie seker of ek hom sal sien nie. Foto’s sal volg.

7 thoughts on “Ek het ‘n kaartjie vir die Bokke wedstryd!

  1. Johan

    waar het jy die kaartjies gekoop ? Ek wil kyk of ek nie vir ons 3 ook kaartjies kan kry om volgende Saterdag te gaan nie.

  2. Alexander Post author

    Kyk op Ticketmaster, ek het ons s’n daarop gekoop maar hulle is duur, ek het £80 vir elke kaartjie betaal. Op die ander kant is dit die eerste keer dat ek hulle teen mekaar sal sien speel so is ek bereid om soveel te moet betaal

  3. Eben

    http://uk.travel.yahoo.com/p-promo-3360156

    Ek het gedink jy sal miskien hierdie artikel waardeer!

    Ai boeta, ek is bietjie bekommerd oor die Engeland wedstryd. Die Bokke lyk maar moeg en deurmekaar. Hulle het ‘n goeie tweede helfte gehad teen die Drake, maar daardie eerste helfte! Eish!
    Hoop alles gaan nog goed met jou, vrou en katte.

    Groete uit Kanada
    Eben
    Terloops, kry Die Tale Wat Ons Praat op RSG se potgooi blad! Daar is ‘n vervelige onderhoud met ‘n regter op een van die episodes, maar dan heel aan die einde is daar ‘n boodskap uit Brasilie deur ‘n Brasiliaanse weergawe van Alexander! Hierdie ou het homself ook leer Afrikaans praat EN sy vonkpos adres word oor die lug gegee vir mense wat hom wil kontak! Golio de Almeida (of so iets) is die ou se naam.

  4. Alexander Post author

    @Eben

    Dis baie goed om van jou af weer te hoor! Ek sal beslis gaan luister en na die ou skryf. Ek laai dit af nou, dit klink interessant.

    Ek het nou 617 Londense kroeë besoek, na my eksamens sal ek beide kroeê in Londen op die lys gaan besoek.

  5. Eben

    Nog iets baie belangrik! http://www.wat.co.za
    Die Woordeboek vir die Afrikaanse Taal is besig om ‘n Borg ‘n Woord projek te loods. Vir R100 kan jy ‘n woord in die WAT borg, EN DAN SAL HULLE JOU NAAM IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN DIE WAT KRY! Dis dubbel fantasties: Eerstens help jy om Afrikaans verewig vas te le, en tweedens word jou bydrae erken!
    Vertel soveel mense as moontlik daarvan! Ek, Natalie en Elsa het elk al ‘n woord geborg. Ek gaan my familie ook uitdaag om dit te doen!

    Groete
    Eben

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam