Amerikaanse voetbal!

Soos ek gister geskryf het, het ek na die Amerikaanse voetbal by Wembley toe gegaan.

Ek moet sê dit was baie cool. Nou weet ek daar’s ‘n verskil tussen ‘n liga wedstryd in Amerika en een in Londen maar die atmosfeer was fantasties en jy besef net hoe populêr die sport buite Amerika is – meer as 80,000 mense het gekom – en ook hoe pret dit moet wees om in Amerika te gaan kyk. As jy die geleentheid kry om te kyk, neem dit. Dis ‘n interessante ervaring en baie anders as rugby en voetbal (of sokker, as jy Amerikaner of Suid-Afrikaner is).

Hulle gaan skop en hardloop

Hulle gaan skop en hardloop

Gooi die bal!

Gooi die bal!

Die meisies was baie populêr met die meerderheid van die crowd

Die meisies was baie populêr met die meerderheid van die crowd

Ons uitsig was nie sleg nie

Ons uitsig wat nie sleg was nie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam