Afrikaans in die komende week

Tommy in San Francisco het ‘n Engelse vertaling van my onlangse pos oor Berlyn op sit blog gesit. Dis ‘n baie groot eer en ook ‘n baie goeie vertaling; soms sê hy dit eintlik beter in Engels as ek sou sê. Baie dankie Tommy, jou Afrikaans is uitstekend en die feit dat jy verlede jaar begin leer het is baie indrukwekkend. Jy is op ‘n hoë vlak as ek was nadat ek Afrikaans vir een jaar geleer het. Twaalf jare later maak ek nog veel foute en sukkel om alles in die regte manier te sê.

Donderdag gaan ek Jack Parow en Die Heuwels Fantasties in Londen sien speel. Ek is baie opgewonde en dit sou baie cool wees. Ek sal foto’s afneem en natuurlik ook ‘n paar t-hemde en CDs koop.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam