Daily Archives: 13/06/2010

Die Wêreld Beker en Download Festival

Ek wonder nou hoekom gaan ek nie na Suid-Afrika toe vir die Wêreld Beker nie? Ek is baie opgewonde, die atmosfeer lyk fantasties en almal verskyn te versokker! Maandag speel Nederland, Oranje, en ek sal probeer kyk.

Vrydag het ons na Download Festival toe gegaan om AC/DC te sien. Die laaste keer toe ek gegaan het was in 1991 toe AC/DC en Metallica gespeel het. Destyds was dit veel kleiner en bekend as Monsters of Rock. Dit was ‘n fantastiese ervaring vir ‘n 16-jaar oud jong, wat alleen van noord-Skotland af gegaan het – ek kan nie glo dat my ouers bly was om te hê dat ek alleen gegaan het nie! Hoe onverantwoordelik! Eintlik, was dit net ‘n paar dae nadat ek terug van Suid-Afrika af gekom het op na my eerste besoek en toe ek daar was het my oom al sy vriende gebel-bel om uit te vind of hulle vir AC/DC en Metallica ken, dit was baie snaaks.

Die eerste ding wat ons besef het was net hoe groot dit is. Ek lees hulle het meer as 100,000 kaartjies vir elke dag verkoop, onbeskryflik! Ons het om gedwaal maar dis so groot raak jy baie moeg veral as die son skyn en jy bier dop. Ek het ‘n paar vriende ontmoet insluitend ‘n paar Suid-Afrikaners en het ‘n bietjie Afrikaans gepraat. My vrou dink dit is snaaks dat ek Afrikaans ken en kan met vreemdelinge gesels.

AC/DC was baie goed en ons is bly dat ons besluit het om te gaan maar dit was ‘n baie lang rit en ons was baie moeg toe ons uiteindelik huistoe terug gekom het. Volgende jaar bly ons in ‘n hotel, dis hoe ons rock en roll!

Angus Young van AC/DC

Angus Young van AC/DC

Die Ruiters van die Apocalips!

Die Ruiters van die Apocalips!

Angus Young van AC/DC spring

Angus Young van AC/DC spring

Die mense rock \m/

Die mense rock \m/

AC/DC

AC/DC