Wikipedia vir almal

Ek dink die Afrikaanse Wikipedia is seker my gunstelinge Afrikaanse webblad en een wat ek elke dag besoek. Dis geen verrassing nie want ek hou baie van die Engelse weergawe en soek elke dag nuwe inligting daarop.

Een aspek waarvan ek baie hou is die feit dat elke dag verskyn dit te groei. Verlede week was daar 15,261 artikels, ‘n paar dae gelede het dit omtrent 15,271 gekom en gister (Saterdag) was dit op 15,283 en vandag is dit nou 15,289. Ja dis nog veel kleiner as ander tale se weergawe (Esperanto het 131,159 en Ido het 19,284 maar ek dink hulle het net die Esperanto artikels verido!), maar op die ander kant wys dit ook dat Afrikaans ‘n lewende taal bly. Ek weet nie of die meewerks net hulle gunstelinge artikels uit ander tale vertaal – byvoorbeeld oor tale of lande – of skryf hulle nuwe artikels oor onderwerpe wat hulle interesseer nie – dit sou miskien verduidelik hoekom daar’s tans ‘n artikel op die tuisblad oor die Duitse meisie wat die Eurovision-Sangfees gewen het. En sonder om tans op ‘n gereelde basis Afrikaans te oefen, help dit my om nuwe woorde te leer en om verskillende sin struktuur en grammatika te herken.

Ek het reeds twee artikels gepubliseer en gelukkig het ‘n paar mense verbeterings gemaak (ek soek my eie redakteur voor ek meer uitgee. Daar’s geen salaris nie, maar jy sal dit vir die groot voordeel van Afrikaans doen). Ek vind Wikipedia artikels meestals veel makliker as nuusberigte om te lees want daar’s gewoonlik ‘n Engelse weergawe en ek lees ook oor onderwerpe waaroor ek reeds ‘n bietjie ken so kan die alles uitwerk. Sodra ek my eksamen slaag (een dag!), sal ek ‘n paar artkiels skryf oor onderwerpe soos Arsenal FC, kroeë en my gunstelinge bands – onderwerpe wat na Afrikaans moet vertaal word! Ek weet daar’s duisende Afrikaanssprekendes wat wil belangstel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam