Daily Archives: 25/04/2010

Meer sneeuplankry

Ons lyk ernstig te wees, ons het Vrydgaand en weer vandag na SNO!zone in Milton Keynes toe gegaan om vier ure sneeuplankry te doen – of miskien moet ek sê ons het vir vier ure gesnowboard! Ek verkies die ou Afrikaanse woord. Dis baie pret en ons gaan weer volgende week en nou val ek om nie so veel baie nie, so ek verbeter stadig. Ongelukkig is die klere en goede ‘n bietjie duur en ek vermoed die vakansies sal baie duur wees. Ek sal ‘n foto afneem as ons weer gaan sodat julle kan sien. (Ek leer nou dat ons nie foto’s mag neem nie so julle sal net my moet glo.)