‘n Nuwe jaar miskien ook ‘n nuwe taal

Ek het hierdie naweek besluit om ‘n bietjie Spaans te begin leer want ek dink dis ‘n nuttige taal om te ken as jy op vakansie wil gaan. Soos ek vroeër geskryf het wil ek hiedie jaar na Gibraltar en Spanje toe gaan so dit sal help – maar nie so veel soos om eintlik die kaartjies te koop nie – en ook dis ‘n groeiende taal in VSA. Volgende maand gaan ons terug na Las Vegas toe vir ‘n vriend se trou en jy hoor net hoeveel mense daar Spaans praat. Natuurlik sal ek nie vlot binne drie weke word nie, maar ek wil net ‘n goeie kennis kry, genoeg om te gebruik as ek oorsee is. Toe ek op skool was, moes ek Spaans vir drie jare leer en ek het ‘n A in die GCSE eskamen gekry toe ek 16 was, so het ek reeds ‘n klein kennis. Gisteraand het ek begin en onthou genoeg, so sal ek ‘n beitjie elke paar dae leer. Dis nie ‘n moeilike taal om te leer nie en daar’s genoeg geleenthede om dit in Londen te praat.

Ek het gedink oor watter taal om te probeer leer. Ek wil nie Duits heeltemal vergeet nie so moet ook elke af en toe ‘n bietjie leer en oefen. My probleem is – okei een van my veel probleme – is dat ek nooit ‘n beslissing kan maak nie. Ek is vol idees maar selde doen ek hulle. Ek wil ook ‘n bietjie Serwo-Kroaties leer maar die grammatika lyk moeiliker as dié waaraan ek gewoond is en moeiliker as dié wat ek wil sukkel leer!

Ek het ook ‘n bietjie oor Esperanto gelees. Ek hou baie van die idee van Esperanto en kunsmatige tale; dit lyk maklik, logies en ek lees dat ‘n kennis daarvan met die aanleer van ander tale sal help; dit is dalk slegs Esperantists wat só sê. Ek het eintlik ‘n klein boek oor die aanleer van Esperanto in Afrikaans, wat baie goedkoop op Ebay was maar ek kan nie sê ek sal leer nie. Maar ek moet sê ek hou ook van die feit dat daar ‘n paar ander nuwe tale soos Ido, Novial en Interlingue wat verwant aan Esperanto is en die proses oor hoe om ‘n taal te skep, fasineer my. Ek sien ook daar’s ‘n Suid-Afrikaanse Esperanto vereniging, so sterkte aan hulle.

Nee, dis makliker om tale te leer wat miljoene ander mense praat. Ek voel hierdie keer ek moet ‘n taal leer wat baie nuttig is, wat mense ken sodat ek moet nie verduidelik hoekom nie!

En ja, ek moet ook rekeningkunde leer.

6 thoughts on “‘n Nuwe jaar miskien ook ‘n nuwe taal

  1. VerdantSF

    Ek hou ook van die idee van Esperanto, maar daar is so baie tale wat ek wil leer, insluitend Iers, Hindi, en Duits. Ek het goeie vriende wat Iers praat, ek hou van Bollywood musiek, en ek kyk na ‘n Duitse sepie met my kamermaat wat Duits leer. Ongelukkig my Afrikaans is nog nie baie goed nie, so ek sal wag. Miskien volgende jaar sal ek probeer om een van hulle te leer. Sterkte met jou ander tale!

  2. Alexander Post author

    Duits is ‘n mooi taal na my mening en ek sal jou aanmoedig om dit leer. Ek ken geen Iers nie maar Manx and Kornies interesseer my baie. Ek dink ek stel belang in tale wat min ander mense praat.

    Jou Afrikaans is baie goed en dit verbeter die hele tyd, dis baie indrukwekkend. Dit sal jou ook help met om ander tale te leer. En sterkte met die potjie!

  3. Andre

    Alexander

    Ek het hierdie vraag vir Verdant ook gevra, maar hoe het julle besluit om Afrikaans te begin leer? Dit is baie interessant vir my, ek het altyd gedink mense fokus meer op die bekende ou tale soos Frans, duits en spaans, maar nou sien ek daar is darm mense wat belangstel in ons taal ook. Sterke

  4. Alexander Post author

    Andre, dankie dat jy my blog lees. Hoekom Afrikaans? Dis ‘n mooi en interessante taal, nie te moeilik om te leer nie en, na my mening, ook klein genoeg om nog iets anders te wees. Ek het ‘n paar tale op skool geleer en ek weet dat miskien Duits, Frans en Spaans meer nuttig is, veral in Europa, maar op die ander kant is daar veel mense in Londen wat Afrikaans praat. Ek werk met een Afrikaanse ou by werk en ons benut dit onder mekaar.

    My pa kom uit Johannesburg maar hy praat dit baie selde maar ek praat dit met familielede (hulle is almal Engels) en vriende in Suid-Afrika. Dis vreemd, my neefs en niggies is veel jonger as ek en toe hulle kinders was wou hulle nie Afrikaans leer nie. Toe besluit hulle om op Stellenbosch te studeer en het ‘n groot poging gemaak om dit taal te leer.

  5. Aapstert!

    Como estas? Estoy aprendiendo Espanol en mi escuela!

    Okei ja eks nog ‘n beginner ma ja dis ‘n lekker taal om te leer makliker as Duits!

    Elkgeval daar is ‘n nuwe Afrikaanse sosiale netwerk! Probeer hom asseblief by http://www.aapstert.com !

    Gracias y adios!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam