Daily Archives: 22/02/2010

‘n Nuwe jaar miskien ook ‘n nuwe taal

Ek het hierdie naweek besluit om ‘n bietjie Spaans te begin leer want ek dink dis ‘n nuttige taal om te ken as jy op vakansie wil gaan. Soos ek vroeër geskryf het wil ek hiedie jaar na Gibraltar en Spanje toe gaan so dit sal help – maar nie so veel soos om eintlik die kaartjies te koop nie – en ook dis ‘n groeiende taal in VSA. Volgende maand gaan ons terug na Las Vegas toe vir ‘n vriend se trou en jy hoor net hoeveel mense daar Spaans praat. Natuurlik sal ek nie vlot binne drie weke word nie, maar ek wil net ‘n goeie kennis kry, genoeg om te gebruik as ek oorsee is. Toe ek op skool was, moes ek Spaans vir drie jare leer en ek het ‘n A in die GCSE eskamen gekry toe ek 16 was, so het ek reeds ‘n klein kennis. Gisteraand het ek begin en onthou genoeg, so sal ek ‘n beitjie elke paar dae leer. Dis nie ‘n moeilike taal om te leer nie en daar’s genoeg geleenthede om dit in Londen te praat.

Ek het gedink oor watter taal om te probeer leer. Ek wil nie Duits heeltemal vergeet nie so moet ook elke af en toe ‘n bietjie leer en oefen. My probleem is – okei een van my veel probleme – is dat ek nooit ‘n beslissing kan maak nie. Ek is vol idees maar selde doen ek hulle. Ek wil ook ‘n bietjie Serwo-Kroaties leer maar die grammatika lyk moeiliker as dié waaraan ek gewoond is en moeiliker as dié wat ek wil sukkel leer!

Ek het ook ‘n bietjie oor Esperanto gelees. Ek hou baie van die idee van Esperanto en kunsmatige tale; dit lyk maklik, logies en ek lees dat ‘n kennis daarvan met die aanleer van ander tale sal help; dit is dalk slegs Esperantists wat só sê. Ek het eintlik ‘n klein boek oor die aanleer van Esperanto in Afrikaans, wat baie goedkoop op Ebay was maar ek kan nie sê ek sal leer nie. Maar ek moet sê ek hou ook van die feit dat daar ‘n paar ander nuwe tale soos Ido, Novial en Interlingue wat verwant aan Esperanto is en die proses oor hoe om ‘n taal te skep, fasineer my. Ek sien ook daar’s ‘n Suid-Afrikaanse Esperanto vereniging, so sterkte aan hulle.

Nee, dis makliker om tale te leer wat miljoene ander mense praat. Ek voel hierdie keer ek moet ‘n taal leer wat baie nuttig is, wat mense ken sodat ek moet nie verduidelik hoekom nie!

En ja, ek moet ook rekeningkunde leer.