Daily Archives: 15/02/2010

Rugby en musiek

Saterdag het ek en vriend na Wembley toe gegaan om Saracens te kyk speel. Die kaartjies was slegs £10 en omtrent 40,000 ander mense het ook gegaan. Ek is nie ‘n groot rugby fan nie, maar dis die derde keer dat ek hierdie seisoen gaan kyk het. Dit was baie snaaks want ons is Arsenal fans en ken baie min oor rugby en die wette en het net die hele tyd onder mekaar oor voetbal gesels. Dit was cool maar baie koud.

Toe het ek na Brixton Academy toe gegaan om Lamb Of God te sien speel, suiwer Amerikaanse metaal soos hulle sê \m/

Saraens speel in Wembley

Saracens speel in Wembley

Men van metaal

Lamb Of God: Men van metaal