Daily Archives: 15/11/2009

German Film Festival in Londen

Wil iemand hierdie maand na die German Film Festival toe kom? Elke jaar wil ek gaan en elke jaat gaan ek nie so vanjaar sal ek beslis gaan. Ek hou baie van Duitse en Duitstalige rolprente en daar’s veel onlangse suksesvolle rolprente soos Goodbye Lenin!, Das Leben Der Anderen en Die Fälscher. Hulle wys hoe ryk en intelligent die kultuur van Duitsland en Oostenryk is. Ek hou daarvan om na Duits te luister maar ek kan maar ‘n bietjie volg. Miskien sal ons een dag ‘n Duitstalige rolprent uit Namibië kan kyk.

Na my mening is Duitse rolprente so veel meer interessant en genietbaar as al die afskuwelike Engelse rolprente met dieselfde stereotipiese Britse ryke idiote en arme helde. Ek verstaan nooit hoekom sekere Britse rolprente baie suksevol is nie, hulle gee ‘n valse idee oor moderne Brittanje wat mense oorsee nog glo. Daar’s ‘n paar goeie Britse rolprente soos This Is England, Trainspotting of Withnail & I (okei dis nou ‘n ou rolprent) – ek weet daar’s anders maar ek kan nie tans hulle name onthou nie – maar dit blyk so selde te wees. Almal hier is so trots op die Britse rolprent nywerheid maar hulle felisiteer net hulself en dink hulle is nog belangrik. Miskien kyk mense eerder rolprente wat uit ander lande as hulle s’n kom.

En as ons oor die onderwerp van nasionale rolprente gesels, waar is die nuwe Afrikaanstalige rolprente?