Stuttgart

Ons het op die naweek na Stuttgart toe gegaan want my vrou K se rollerderdy span het teen die Stuttgart span gespeel. Sy het nie nie gespeel nie maar wou gaan kyk en ek het besluit om saam te gaan want ek wou Duitse vriende weer sien. Ook was die laaste keer hierde jaar om na Duitsland toe te gaan en ek geniet elke kuier.

Ek was nooit vroeër in Stuttgart nie en dit lyk mooi en stil – wel beslis stiller as Londen. Dit lê in die Duitse wynbougebied en jy kan van die stadsentrum af wingerde orals in hange van die berge en heuwels sien, minder as ‘n myl van hoofstasie af. Ek kan nie sê dat ek Duitse wyn ken nie, in Engeland dink ons na Liebfraumilch maar ek verstaan dat daar goeie Duitse wyne is. As hulle so goed soos Suid-Afrikaanse wyn is – wel weet ons al die antwoord.

Mense ken Duiste bier beter. Ons het ook na die Cannstatter Volksfest toe gegaan. Ons het nie geweet dat Stuttgart sy eie beroemde bierfees hou nie en dis kleiner as Oktoberfest. Veel mense dra tradisioniele klere, die manne in lëderhosen en die vroue in volkrokke soos jy in foto’s oor Duitsland sien. Ek lees dat dit tweede grootste volksfees/bierfees in Duitsland is maar minder toeriste gaan as na München so die atmosfeer was ‘n bietjie anders. Noudat ek dit ken, sal ek hopelik volgende jaar gaan.

Toe het ons net die gewone ding gedoen – gepaartie met die Duitsers en het baie min geslaap. Ek was dus baie bly toe ek huistoe gekom het sodat ek kon slaap! ‘n Baie pret naweek.

Franz Schubert

Franz Schubert

2 thoughts on “Stuttgart

  1. Rustig

    Dalk is die kleiner bierfeeste nie so slegte idieë nie. Dink dat die Oktoberfest in Munchen het al baie slegte reputasie gekry. Moet so bietjie oplees oor die saak. Miskien moet jy so toer reël volgende jaar. 🙂

  2. Alexander Post author

    Jy’s reg, die feit dat dit kleiner is, is beslis beter en ek ken ook mense in Stuttgart om saam te gaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam