Daily Archives: 04/09/2009

Twickenham Double Header

Ons gaan môre na die Twickenham Double Header, dis twee rugby wedstryds vir £20 tussen die vier Londen rugby spanne – Saracens (wat besig is om te versuidafrikaans) Harlequins, Wasps en London Irish. As jy ook wil kom, los ‘n kommentaar dan kan ons ietsie reël. Kaartjies is nog op verkoop. Ja ek weet die Springbokke speel ook in die oggend dus kan jy ‘n oordosis rugby inneem. En moenie vir my sê dat jy ‘n bloed besering het so kan nie kom nie.