In die toekoms sal almal sê dat hulle daar gewees was

Dit lyk asof almal oor Immergroem wil aanhou praat en kla. Ek lees die artikels in die Suid-Afrikaanse koerante en dit wys dat dit iets baie belangrik vir mense gemeen het. En dis goed ook om te sien dat moderne joernalistieke gelukkig is om net alles uit die Facebook kommentaars te vat, maar ongelukkig is die grappies nie ingesluit nie.

Hoewel begin ek dink dat miskien mense nooit vroeër na ‘n fees toe gegaan het nie. Die toilette is altyd vuil, die bier is altyd te duur en nie al die bands speel nie. Ons moet net dankbaar wees dat dit nie te veel gereën het nie andersins kon dit soos die loopgrawe van die Eerste Wêreld Oorlog gewees het, wat die gewone ervaring van ‘n musiekfees is.

Ek dink Immergroen sal legendariese status kry en mense sal daaroor op Wikipedia skryf of ‘n rolprent maak. Ek sien dat niemand tot dusver ‘n blad op Wikipedia gemaak nie het, so is nou jou kans.

Dit verbaas my om te lees dat 5,000 mense gekom het, persoonlik glo ek nie maar ek kan nie tel nie (dis hoekom ek studeer om ‘n rekenmeester te word). Dit blyk dat veel mense belangstel, miskien moet iemand ‘n nuwe fees reël. Ek hoor die O2 Arena het nou 50 vrye nae wat onlangs skielik beskikbaar is…

Naskryf, hierdie is ‘n destydse verwysing na die dood van Michael Jackson wat van plan om by The O2 te speel

6 thoughts on “In die toekoms sal almal sê dat hulle daar gewees was

  1. christine

    ha ha haaaa
    Classic post! Uiters vermaaklik.

    Die mense kla verniet oor die toilette – dit was 5* in vergelyking met Glastonbury s’n. In fact, ek het Sondagoggend so lekker daar gesit, ek wou nie huistoe gaan nie 🙂
    Die vier mense wat daaroor moan was nog nooit by ‘n festival nie/het nie genoeg gedrink nie.

    Die Suid-Afrikaanse koerante stel geensins belang in positiewe trugvoer nie. Hulle sal altyd ‘n paar negatiewe elemente optel en daarmee hol. Ek’s verbaas dat hulle nog niks oor die vlag-debakel gese het nie, maar dis seker oor hulle nerens daarvan gelees het nie. (Piet het daaroor geblog: http://southafricantimes.co.uk/the-expats-blogs/exat/default.aspx)
    Een van die dae sal buitelandse korrespondente nie meer oorsee hoef te gaan nie. ‘n Vinnige internet-konneksie sal voldoende wees.

  2. Johan de Vries

    Wat kla jy so oor immergroen, tenminste het hulle die show aan die gang gekry. Miskien nie prefect nie, maar dis n start, kan net beter word volgende jaar.

    Ek stem met die goed wat so duur is, en dis sit my n bietjie af as ek na sulke shows toe gaan. Party mense vat regtig die piss met hulle pryse, maar dis nou maar soos dit gaan.

    Jy kan se wat jy wil, maar dit lyk asof dit n lekker dag was – nieteenstaande die feit dat dit miskien nie perfek was nie !

  3. Alexander Post author

    Ek het die dag baie geniet en as dit volgende jaar plaasvind sal ek beslis teruggaan. Ek stem saam met die kritici want dit was baie ver van perfek af. Dit wys dit mense gee baie om en hopelik kan hulle help om dit te verbeter.

  4. christine

    moerse weird. daar verskyn my eerste comment skielik. lyk my ek moet by wordpress ingelog wees om dit te sien? ek kop dit glad nie! delete mar my laaste twee comments.

  5. Alexander Post author

    WordPress is ‘n bietjie vreemd en ek is nie seker hoe alles te doen wat ek daarop wil doen nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam