Daily Archives: 23/07/2009

In die toekoms sal almal sê dat hulle daar gewees was

Dit lyk asof almal oor Immergroem wil aanhou praat en kla. Ek lees die artikels in die Suid-Afrikaanse koerante en dit wys dat dit iets baie belangrik vir mense gemeen het. En dis goed ook om te sien dat moderne joernalistieke gelukkig is om net alles uit die Facebook kommentaars te vat, maar ongelukkig is die grappies nie ingesluit nie.

Hoewel begin ek dink dat miskien mense nooit vroeër na ‘n fees toe gegaan het nie. Die toilette is altyd vuil, die bier is altyd te duur en nie al die bands speel nie. Ons moet net dankbaar wees dat dit nie te veel gereën het nie andersins kon dit soos die loopgrawe van die Eerste Wêreld Oorlog gewees het, wat die gewone ervaring van ‘n musiekfees is.

Ek dink Immergroen sal legendariese status kry en mense sal daaroor op Wikipedia skryf of ‘n rolprent maak. Ek sien dat niemand tot dusver ‘n blad op Wikipedia gemaak nie het, so is nou jou kans.

Dit verbaas my om te lees dat 5,000 mense gekom het, persoonlik glo ek nie maar ek kan nie tel nie (dis hoekom ek studeer om ‘n rekenmeester te word). Dit blyk dat veel mense belangstel, miskien moet iemand ‘n nuwe fees reël. Ek hoor die O2 Arena het nou 50 vrye nae wat onlangs skielik beskikbaar is…

Naskryf, hierdie is ‘n destydse verwysing na die dood van Michael Jackson wat van plan om by The O2 te speel