Daily Archives: 19/07/2009

As jy hulle boek, sal miskien ‘n paar van hulle kom

Wayne Campbell: We’re almost out of time, but I’d just like to point out there are still plenty of excellent Waynestock tickets still available. Actually, there are about 10,000 excellent Waynestock tickets still available. And I’d also like to address a rumour. There’s this rumour that none of the bands have signed and probably no one’s gonna show up. It’s true that none of the bands have signed. Jim Morrison and his weird naked Indian friend visited me in the night and assured me that all the bands will come. That’s all the time we have this week, so until then.
Wayne’s World 2 (1993)

Gister het ek Immergroen toe gegaan met Christine-hulle en hulle Afrikaanse vriende. Ek was nuuskierig oor om te gaan en die weer was mooi en dit was lekker om uit Londen te gaan – net om in ‘n veld te staan. Nee, dit was okei en pret. As nie-Suid-Afrikaner meen dit nie dieselfde vir my dat daar ‘n Suid-Afrikaanse of Afrikaanse fees is as vir Suid-Afrikaners nie maar op die ander kant was dit goed om te ondersteun, om iets anders te doen en om ‘n paar ure buite Londen te ontspan.

Die meetse belangrike ding was dat baie mense baie kwaad is/was. Die bestuur en organisiering was afskuwelik en ongelukkig kon ‘n paar bands nie visum’s kry nie so daar was net vier of vyf bands en dit lyk asof baie mense hulle geld terug wil hê. Ek kan verstaan hoekom hulle voel. Niemand was seker wie gaan speel nie. Zinkplaat en Karen Zoid was goed (maar Karen het te veel gepraat-praat), daar was ‘n paar ander bands wat min indrukking op my gemaak het, maar ander mense het van hulle gehou.

Die ander ding wat veel mense afgepis het – wel die mense met wie ek gepraat het – was dat ‘n paar mense die ou vlag gedra het. Karen Zoid het iemand kritiseer toe hy die ou vlag gevlieg het. Ek waardeer dat die sake oor die ou vlag baie sensitief is en as nie-burger is dit maklik vir my om af te keur so ek berig slegs die feit.

Wat was goed? Wel dit blyk dat hierdie tipe fees in VK suksevol kan wees. Daar’s genoeg mense wat belangstel maar dis belangrik om nie hulle af te pis met hierdie tipe probleme met die organisiering nie. Daar was ‘n paar honderde mense, miskien ‘n duisend ek weet nie, wat bereid was om te betaal, om van ver af te ry en om te kampeer. Die boerewors was lekker, maar die “kudu” burger was vuil – ek kan net myself blameer, almal weet jy moet ‘n dirty burger eet as jy dukgesuip is. Ook was almal baie vriendelik en daar was ‘n mooi atmosfeer en daar was ook veel families met kinders. Ek het ook Afrikaans met ‘n klomp mense gepraat, wat goed was. Die organisering was chaoties so kon ek ‘n crate bier saambring dus was dit baie goedkoper vir ons om te drink.

As dit volgende jaar plaasvind, moet hulle seker maak dat hulle nie dieselfde foute maak nie. Maak seker dat die bands kan kom en dat hulle in die land mag kom, publiseer dit beter, organiseer en bestuur dit beter. Ook kies meer alternatiewe Afrikaanse bands maar ek weet dis te veel om te vra dat byvoorbeeld Fokofpolisiekar, Kobus of Terror MC sal speel.

Dis maklik om te kritiseer. Miskien was dit nie so goed soos dit kon wees nie en daar’s mos veel foute, maar op die ander kant het dit plaasgevind, mense het gekom en dit was pret. Dit was belangrik vir veel mense. Wayne Campbell kon ‘n fees organiseer, mense verwag dat hierdie okes ook so kan doen.

‘n Paar foto’s onder.