As ek altyd studeer, wanneer gaan ek oorsee?

Dis saterdagaand en ek sit tuis en studeer my CIMA kursus. Dis nie my idee van die beste saterdagaand nie maar ek gee nie om nie want ek moet die werk doen en alles is stil. Ek het ‘n paar modules wat ek hierdie jaar moet studeer so ek twyfel of ek ‘n sommer vakansie sal neem. Ek begin nou dink dat nadat ek die modules geneem het – hopelik in November – sal ek ‘n kort vakansie kan neem en ek het my vrou gevra as sy Kaapstad toe wil gaan. Ek soek aanlyn en dit lyk asof daar veel goeie en goedkoop aanbode is, soos die vleig kaartjie en vyf nae in ‘n hotel vir omtrent £600 vir elke persoon. Dis nie sleg nie.

Toe ek in 2008 besoek het, het ek met vriende en familie gebly wat goedkoper was maar ek hou nou van die idee van ‘n kort vakansie in hotel in die sentrum om weer vriende en familielede te sien maar ook om net soos toerist te wees sodat ons die toeriste aantreklikhede kan besoek en ons kan net lekker rus. So moet ek nou die geld begin spaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam