As ek groot word wil ek rekenmeester word…

Ek het nou die CIMA kursus begin en ek vind nou twee dinge uit – ek is baie besig en ek ken niks oor rekeningkunde nie! Ek moet vir ‘n paar ure elke aande studeer en ek sukkel ‘n bietjie want alles is heeltemal nuut. Ek het nou nie genoeg tyd om iets anders te doen nie maar hopelik as ek die inligting begin leer en onthou sal dit makliker word. Maar dit was nooit my droom nie.

4 thoughts on “As ek groot word wil ek rekenmeester word…

  1. christine

    ek voel jou pyn! ek dink ek het begin huil die eerste keer toe ek na my CIMA boeke gekyk het. en toe gooi ek sommer op dag 1 al tou op.
    sterkte!

  2. Alexander Post author

    Jy klink soos Nemi!

    Persoonlik dink ek dat Mandaryns moeiliker as CIMA sal wees. Ek begin nou alles ‘n bietjie beter verstaan maar ja dit was beter toe ek genoeg vry tyd gehad het om niks te doen.

  3. Johan de Vries

    Sit jou kop neer, maak tyd om elke dag n uur of 2 daaraan te spandeer, en jy sal dit gedoen kry. Vat bietjie tyd om weer in die studies in te kom, soos ek gevinfd het met my kursus, maar nou dat ek klaar met die een is, wil ek meer doen.

  4. christine

    ha ha
    Ja, ek het ek nogal baie met Nemi in gemeen (behalwe vir die emo-look).
    Nodeloos om te sê ek het nog nie verder as Ni Hao gevorder nie. Ek sal hierdie naweek ‘n poging aanwend.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam