Daily Archives: 09/06/2009

As ek groot word wil ek rekenmeester word…

Ek het nou die CIMA kursus begin en ek vind nou twee dinge uit – ek is baie besig en ek ken niks oor rekeningkunde nie! Ek moet vir ‘n paar ure elke aande studeer en ek sukkel ‘n bietjie want alles is heeltemal nuut. Ek het nou nie genoeg tyd om iets anders te doen nie maar hopelik as ek die inligting begin leer en onthou sal dit makliker word. Maar dit was nooit my droom nie.