Daily Archives: 30/05/2009

Dinge om te doen in die somer

Wie wil die rugby London Double Header by Twickenham om 5 September kom sien? Daar’s twee wedstryde tuseen die vier Londen rugby klubs in die Guinness Premiership (Harlequins, London Irish, Saracens en Wasps) en ek het verlede jaar gegaan en het die baie geniet. Dis nie duur nie, omtrent £20 so ek dink ons moet gaan. Andersins laat ons die British Lions teen die Springbokke in die kroeg kyk.

In ander nuus lees ek dat SOAS ‘n Zulu Intensive Summer Course in September aanbied. Dit loop vir twee weke en dis ‘n bietjie duur (£255) maar dit lyk nogal interessant en as ek die vrye tyd kan kry sal ek dit doen. Ek het ‘n bietjie Duits, Nederlands en Sweeds geleer en ek geniet om vreemde tale te leer, veral ‘n nie-Indo Europese taal, so as jy ook belangstel laat my weet.

Dit hang ‘n bietjie af van werk. Volgende week begin studeer om die Chartered Institute of Management Accountants sertifikaat te kry. Werk gaan my ondersteun en vir alles betaal maar ek sal al die werk moet doen. Ongelukkig sal ek miskien nie genoeg tyd hê om Duits te aanhou leer nie want ek baie besig sal wees maar dis belangrik dat ek die kwalifikasie kry wat my loopbaan sal help. Ek kan weer in ‘n paar jaar Duits begin leer en ek hoop ek vergeet nie te veel nie.