Daily Archives: 25/05/2009

Sutton Hoo

Vandag is ‘n bank holiday in Engeland (maar nie in Skotland nie) so my vrou en ek het na Sutton Hoo gegaan. In die jare 1930s het mense die gebeid opgegrawe en het die begrafplaas van ‘n Angel-Saksiese koning, miskien Raedwald van die Oos-Angels uit die 6de eeu, en veel ander goede ontdek. Na my mening is Sutton Hoo een van die vernaamste argeologiese plekke in Brittanje en ek wou lankal gaan. As jy die British Musuem besoek, kan jy kopies van die helm, swaard en skild sien.

Eintlik was ek ‘n bietjie teleurgestel. Ek het gehoop om meer te kan sien, om ‘n beter museum te besoek en veral om ‘n kopie van die skeepsbegraf te sien. Daar’s ‘n paar beroemde Wiking skeepsbegrafplase in Noorweë en Danemark wat nie veel anders as die Angel-Saksiese s’n is nie. Op die ander kant is die ou juweliersware baie indrukwekkend en mooi en dit wys hoe geskoold die Angel-Saksers was om ingewikkelde ware te kon maak.

Ek dink mense vergeet hoe belangrik hulle was want dis soms die mode om nuwe historiese groepe te probeer vind, wat mense nie goed ken nie, om te wys dat hulle die land en kultuur verander het. Natuurlik het vele verskillende gemeenskappe tot die land bygedra, maar ons studeer – en vereer – die Angel-Saksers want hulle het so ‘n groot invloed op die land, mense, kultuur en veral die taal gemaak. Sonder hulle sou ons nie Engels nou praat nie. Ek stel ‘n groot belang in die Angel-Saksies en hulle taal, die Ou-Engels, en ook die Wikings.

Ook, kan iemand vir my verduidelik asseblief hoe om die woord “hoeka” in die regte manier te sê. Ek wil weet.

Foto’s van Sutton Hoo.

'n Kopie van die beroemde helm wat by Sutton Hoo gevind is

'n Kopie van die beroemde helm wat by Sutton Hoo gevind is

'n Begrafplaas by Sutton Hoo

'n Begrafplaas by Sutton Hoo