Daily Archives: 06/05/2009

Endgame en vreemde aksente

Maandagaand het ek Endgame op Channel 4 gekyk. Die akteurs was fantasties, die storie baie interessant en ek was baie beïndruk. Hierdie tipe historiese TV rolprente is op die oomblik baie populêr, byvoorbeeld oor Nazis, Mrs Thatcher, the Miner’s Strike of Frost/Nixon.

Nou weet ek dat party Suid-Afrikaners dalk ‘n bietjie anders daaroor sal dink. Alle kulture of gemeenskap dink dat nie-lede se persepsie of vertolking van hulle ‘n bietjie verkeerd is en in my ervaaring (en in my argumente met hulle!) is Suid-Afrikaners nie anders nie. Almal het hulle eie persepsie en gedagtes oor ander lande. Mense het hulle eie oor ons Britte en die VK (wel gewoonlik slegs oor Engeland). Maar ek wil nie oor die waarheid of akkuraatheid van die program skryf nie.

Ek wil oor die Afrikaanse aksente praat. Dikwels lees ek in die koerante net hoe moeilik dit is (of so hulle sê) om die Afrikaanse aksent reg te praat. Die resensies vir Endgame was nie anders nie. Ek lees dat Engelssprekende akteurs daarmee sukkel en Suid-Afrikaners sal soms sê hoe verskriklik die pogings is. Dis net soos Engelse aksente, veral as buitelanders dink hulle ‘n goeie Engelse aksent kan spreek en hulle is mos verkeerd! Ek glo dat akteurs gewoonlik ‘n vreemde aksent goed kan spreek. Kyk na The Wire en jy besef nie dadelik dat Jimmy McNulty en Stringer Bell eintlik Engels is nie. Mense het hulle geleer hoe om so te praat. Ek dink hulle klink eg, miskien sal Amerikaners verskil.

Nee, ek dink mense praat oor die verkeerde ding. Dis nie die aksent nie, dis die weg hoe hulle die vreemde taal praat. Wat ek bedoel is, praat akteurs gewoonlik in rolprente die standaard of gesofistokeerde taal sonder foute. Daar’s ‘n verskil tussen om ‘n vreemde taal soos ‘n tweede moedertaal te kan praat en net om dit baie goed te kan praat. Ek ken veel Afrikaners (en Swede) wie se Engels uitstekend is maar as Engelsspreker merk ek baie klein dinge wat anders is, wat ek sê nie, wat aandui dat hulle Engels is op skool geleer het. Miskien is dit ‘n grammatika fout (hulle gebruik hulle eie grammatika as onseker) of die verkeerde woord of idioom, gewoonlik net een of miskien twee keer wat dit wys maar in rolprente praat almal soos eerste-taal spreker maar met ‘n verskillende aksent.

En daarin lê my enigste kritiek met Endgame en ander soortgelyke rolprente. Die akteurs was te goed. Om heeltemal eg te wees moet jy foute maak. Moenie vergeet nie, ons eerstetaal sprekers maak ook foute maar ons tipe foute is amper inheemse. As ek Afrikaans praat, sê ek dinge soos ons in Engels sê. (Ek het op ‘n paar keer met Afrikaners geskryf wat nie besef dat ek Brit is nie so ek weet nie wat dié bedoel nie. Ek is deurgemekaar!) Dis verkeerd, maar dis ook die tipe foute wat mense sê as hulle ‘n vreemde taal probeer praat. Hulle het nie Suid-Afrikanse Engels gepraat nie maar Britse Engels met vreemde aksent en dis dieselfde as akteurs wat Duitsers, Suid-Afrikaners, Russe ens speel, hulle klink soms ‘n bietjie soos die Counting Count (of Graaf Tel in Nederlands).

Ek wil nie onbeskof wees nie en probeer nie om jou te kritiseer nie. Ek weet my Afrikaans is ver van vlot af, dis net ‘n opmerking en ek wil weet as jy ook so dink.