Foto’s en nuus

‘n Paar dinge omdat ek onthou nie die laas keer toe ek opgedateer het nie. ‘n Paar Vlamings het kom kuier maar ek sukkel ‘n bietjie om gesproke Nederlands te probeer volg, dis natuurlik anders as Afrikaans en ook my woordeskat is nie so groot nie. Ons het oor Afrikaans gepraat omdat hulle op skool ‘n kursus vir een termyn oor die taal gevolg het so hulle ken ‘n bietjie.

Daar’s nou ‘n Afrikaanse ou by die werk met wie ek soms moet werk. Hy’s ‘n gawe kêrel en ons gesels nou ‘n bietjie Afrikaans onder mekaar wat goed is.

Ek probeer nou om foto’s by gigs af te neem, soos julle mos onder gelees het. My styl is niet kyk en skiet so ek twyfel ek sal ‘n Pulitzer soos Kevin Carter kry. Ek hou van donkderheid met ‘n bietjie lig wat op die onderwerp skyn en die teenstelling maak dit vreemd of spookagtig of amper heilig verskyn. Ja, miskien ‘n bietjie ambisieus!

Eers, The Sisters Of Mercy by die Forum in Londen.

Maandag het AC/DC by O2 sien speel wat uitstekend was. Hulle het lekker gerock.

2 thoughts on “Foto’s en nuus

  1. Christine

    dis cool foto’s. lyk amper of jy heeltyd in die mosh pit is.
    dis makliker (sou ek sê) om foto’s by ‘n gig te neem as die ouens nie baie rondbeweeg nie. maar jy kry seker nie baie daarvan by ‘n metal gig!

  2. Alexander

    Ja, ek mosh so dis moeilik om goeie foto’s af te neem maar ek kry altyd ‘n paar goeie foto’s.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam