Huidige klag

Ek weet nie of dit meen dat ek nou oud is nie, maar elke dag peins ek of die internet almal baie lui gemaak het sodat almal alles gratis wil kry. Ek lees geselshoekies en dit verbaas my net hoeveel mense skree en eis. Ek meen nie dat ek dink dat hulle onbeskaaf of dom is nie en ek twyfel hulle probeer.

Nee, wat ek bedoel is dat niemand, of baie min mense, bereid is om iets te gaan uitvind nie. Almal vra en eis antwoorde dadelik. Ja, soms moet jy vra. Die doel van geselshoekies en poslyste (ek hoop ek is nie die enigste ou wat nog poslyste lees nie!) is om kennis te versprei en aanleer. Daar’s mense wat ‘n beter kennis het, wat bly is om julle te help.

Die probleem is dat daar’s altyd ‘n paar mense wat alles moet vra. Dis asof hulle dink dat sonder om aantal boodskappe elke dag te los, sal niemand hulle hoor nie, sal niemand hulle gedagtes waardeer nie – en ja, ek waardeer nie – sal niemand die wonderwerk van hulle bewusstyn leer ken nie, dié wat ons van diere skei.

Ek lees elke dag soveel boodskappe op soveel forums oor aantal onderwerpe (tale, musiek/bands, voetbal ens) waarin dit blyk dat die versoeker geen navorsing gedoen het nie. Altyd dieselfde paar mense, altyd dieselfde tipe versoek, altyd dieselfde boodskappe (“… ek ook!”), lys vrae. Gaan ‘n boek lees. Daar bestaan kennis in ander plekke as die internet. Die antwoord kan dikwels baie maklik gevind word.

In my ervaring is die aanleer van kennis ‘n reis. Ek soek, ek lees, ek jaag dit. Ek dink en werk uit waar ek dit kan kry, van wie ek kan leer. Dan verstaan ek dit, ek ontleed, ek wend dit aan nuwe situasies. Dis my kennis want ek het die werk gedoen om dit te vind en te verstaan sodat ek ‘n beter kennis nou besit want ek wou dit leer ken. Ons wil die kennis deel, maar wys eers dat jy ‘n poging gemaak het om uit te vind.

Miskien ‘n vreemde klag so miskien is ek die onbeskafde kêrel. Ek weet dis ‘n bietjie onvriendelik, maar asseblief leer om te probeer, om foute te maak – of om te druip – en besluit watter inligting jy moet vra en watter inlgiting jy kan jouself kry. Ek klink soos ‘n oud majoor wat die Daily Mail lees, soos “Disgruntled of Tonbridge Wells”. Dis blykbaar dat ek nie lid van die moderne aanlyn gemeenskap is nie.

One thought on “Huidige klag

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam