Daily Archives: 27/02/2009

België, die land vol Belge

So ek is nou terug na vier dae in die Lae Lande, hoofsaaklik Brussel, Gent en Amsterdam.

Brussel is beide die hoofstad van Vlandere en die Franse Gemeenskap in België. Nou praat die groot meerderheid mense Frans as eerste taal maar alles moet in Frans en Nederlands verskyn word, so die straatname en tekens sê twee name. Daar’s Franse en Nederlandse uitgawe van die Metro koerant (groen vir Frans, blou vir Nederlands) wat beskikkbaar in metaalbokse in die stasies is en jy weet watter taal ‘n mens praat deur die kleur van die Metro wat hy of sy lees. Selfs die restaurante sê alles in beide tale.

Die verskil is wanneer jy op die paaie loop en jy hoor meestals Frans – of Engels – en slegs ‘n bietjie Nederlands. My Vlaamse vriende hou nie van Brussel nie en sê dis te groot, te besig, te vuil en te Frans. Persoonlik hou ek van die stad maar ek is reisiger en bly vir gewoonlik ‘n paar ure. Die boekwinkels bevat ‘n paar boeke in Nederlands maar soos jy verwag, hoofsaaklik in Frans.

Amsterdam is ‘n mooi stad en die sentrum van die Nederlandssprekend wêreld en ook in ‘n manier vir die “dogter tale” soos Afrikaans en Surinaams-Nederlands. Okei, ek weet die Belge sal verskil; ‘n vriend van Antwerpe sê dat as hy in Amsterdam is, praat die Amsterdammers eers Engels met hom, miskien omdat of hulle onbeskof is of hulle nie hom kan verstaan nie. Dis snaaks dat die twee nasies dieselfde taal praat en bly langsaam maar dink in verksillende maniere – net soos die Wale en Vlaminge.

Ons het ‘n paar toeriste aantreklikhede gesien maar ons was baie moeg en moes verlaat. Ek hoop on terug te gaan om meer van die stad te kan sien en om ‘n bietjie inkopies te doen. Ek het ‘n Afrikaans-Nederlands woordeboek gevind (nie goed nie), ‘n boek oor die aanleer van Fries in Nederlands en wil boeke ens koop omdat dit moeilik om goede in Nederlands in VK te koop. Ek kon nie my gunstelinge Nederlandse boek vind nie, De Koe Die In Het Water Viel, wat ek as geskenk vir ‘n vriend wou koop. Jy moet dit lees, dis ‘n baie lekker verhaal. Ek begin dink (nooit ‘n goeie idee nie) ek wens nou dat ek Nederlands leer – en nie Duits. Ek kan nooit besluit nie.

Ons het nou uitgevind net hoe sleg die wisselkors is en dus hoe duur alles is vir ons wat ponde verdien. Vorige besoeke was alles goedkoop vir ons maar nou is dit heeltemal anders. Kos, bier, poskaarts is nou veel duurder as in VK. Ook – en hier kla ek soos tipiese Brit – niemand weet hoe om ‘n goeie koppie tee te maak nie. Dit was taamlike warm, maar te klein. Ons noem dit “Belgiese tee”.
Ek het na ‘n goeie, warm tee verlang. Ek drink nie koffie nie so sal nooit ‘n Nederlander kan word nie.

‘n Standbeeld, nie seker wie nie.

Albert II by die Kunstberg.

Koudenberg Paleis.

Standbeeld van Siegfried van Jerusalem.

Die Groot Markplein.

Die oorlog gedenkteken.

Die Beurs van Brussels.



Die Koninklike Museum vir Skone Kuns van België



Mannekin Pis – miskien die Seuntjie Pis in Afrikaans.

‘n Beeld van Kuifie in Brussel-Zuid stasie.

‘n Pandjieswinkel in Amsterdam.



Die Montelbaantorin
g in Amsterdam.

Akkedis.