2009 is net soos 2008

Ek weet dis slegs 2 Januarie maar dit lyk asof 2009 net soos 2008 is, ek hoop alles sal verander.

Ek het giesteraand my oom ontmoet. Hy was op pad na Kanada toe van sy vakansie terug in Suid-Afrika af en ons het lekker gejol uitgehang en geëet. Een voordeel van die feit dat ek in Londen bly is dat ek baie dikwels die Suid-Afrikaanse familie sien want hulle af en toe in Londen is. Ek praat met dié wat oorsee bly en dan praat ek met my familie in VK om al die nuus te versprei en ons kan dan reël om te ontmoet. Toe ek jonger was het ons die Suid-Afrikaanse familie baie selde gesien maar nou is dit anders. Die Internet en goedkoop internasionale reis maak dit makliker om almal te kontak. Ons ken mekaar miskien nie baie goed nie maar ons maak nou die poging om almal te laat weet wat ons doen of wanneer ons in die land sal wees. Hopelik sal ek in 2009 al my ander Suid-Afrikaanse neefs en niggies weer kan sien, wat ek nie in 2008 kon sien nie.

6 thoughts on “2009 is net soos 2008

  1. Christine

    Dis waarskynlik nie orals dieselfde nie (en sekerlik nie as Engelse Suid-Afrikaners die term as ‘slang’ gebruik nie), maar waar ek vandaan kom beteken “gejol” julle het gevry.
    Maar dalk is julle ‘n baie hegte familie 🙂

  2. Alexander

    Haha, dis baie snaaks! Dankie dat jy vir my gesê het andersins sou ek nie weet nie. Ek het bedoel om uit te hang en te gesels en ‘n goeie tyd te hê – baie ou Nederlandse bedoeling maar miskien is dit nou ook dieselfde in daardie taal.

    Okei ek moet nou alles klaar maak as ek skryf.

  3. Alexander

    Dis snaaks dat niemand vroeër sy ander betekennis verduidelik het nie! Miskien het hulle lekker agter my rug gelag toe ek dit gesê het!

    Ek kyk nou in my groot Pharos Afrikaanse woordeboek en dis een betekennis maar nie die eerste ee nie. Dis ook in my woordeboek van Suid-Afrikaanse Engels maar slegs die derde betekennis. Dis ‘n skaam, dis ‘n mooi ou woord. Ek hou nie van uithang, dit klink te Engelse maar ek sien dit in my Nederlandse woordeboek. Tensy iemand ‘n beter woord kan aanbeveel dan moet ek uithang gebruik om alles baie klaar te maak!

  4. Johan de Vries

    ek dink nie daar is enige iets verkeerd met gejol nie, hang af hoe jy die woord in die sin gebruik, ie “Ons was gisteaand uit na n jol toe (club).” of “ons het by die nuwe klub gaan jol tot vroeg oggend toe” of “Ek en my girl het gisteaand so n bietjie gejol” – wat heeltemal n ander jol is as wat dit is om in n klub /pub te jol ….. confused ?

    So ek dink jy kan dit gebruik, niks fout daarmee nie.

  5. Alexander

    Johan dankie vir jou verduideliking. As ek die woord gebruik bedoel ek “uithang”, ‘n bietjie soos Eben se nuwe woord “aleksandeer” maar sonder om die kroeg toe te gaan!

  6. Christine

    Ek weet nie – dis vir my soos die woord “doos”: Dit kan verskillende goed beteken, maar ek sal altyd eerste aan die suggestiewe betekenis dink. (Want dis hoe ek is.) So dan trek dit die aandag af van wat jy eintlik wil sê. En daarom sou ek die woord “gejol” vermy – tensy daar wel ‘n vryery betrokke was.
    Ek gebruik die woord “paartie” (of gepaartie) in plaas van uithang. Dis natuurlik ‘n verskriklik anglisisme, en nie ‘n regte Afrikaanse woord nie. Maar dit werk vir my, vir nou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam