Weer en Edinburg

My niggie in Johannesburg het vandag vir my ‘n epos gestuur om te sê dat haar ouma gesterf het. Ek het nie haar ouma geken nie maar my ouers het haar ontmoet en he gesê hoe vriendelik sy was so dis baie treurig.

As jy in Brittjane bly dan weet jy net hoe koud dit raak. Die son skyn tans maar dis koud en dit reën te veel.

Ek was Edinburg toe op die naweek om my pa (die ou uit Johannesburg) en my broer te sien. My pa woon op ‘n plaas in die Pentlandberge omtrent 15km suid van Edinburg af en ek het gevries! Ek is gewoond aan die weer in Skotland – ek het in Inverness gebly – maar ek het vergeet net hoe koud dit kan raak. Dit was lekker om my pa te sien en hy stel belang daarin om volgende jaar na Suid-Afrika toe saam my te kom.

Toe het ek my broer en sy kinders gesien. Sy kinders is baie jong en ek sien hulle selde. Ons het na die dieretuin gegaan wat ons geniet het. Daar was ‘n paar leeus, ‘n luiperd (of ‘n lazy horse), twee tiers, ‘n ratel (briljant), ‘n ysbeer en bobbejaans. Ja, nie ware Afrika nie maar goed genoeg vir ons.

‘n Vriend van universiteit bly daar so ons het net kroeë toe gegaan en lekker gesels en gejol. Edinburg is ‘n mooi stad en ek moet meer dikwels weer gaan veral om die familie te sien. Dis nie te duur om met die trein te ry nie en hulle was almal baie bly dat ek hulle kom besoek het. Ek besef dat ek die poging moet maak om hulle meer dikwels te sien.

3 thoughts on “Weer en Edinburg

  1. Johan de Vries

    Dit klink so lekker, dat ek dink ek moet saam met jou gaan volgende keer.

    Praat jou pa nog Afrikaans of nie ?

  2. Alexander

    My pa kan Afrikaans nog praat maar ek wil nie. Miskien as hy dit poging maak om die taal te praat dan sal ons beter vriende wees!

    Jy moet Edinburgh toe kom, dis okei.

  3. Alexander

    Ek dink jy het eintlik bedoel dat jy saam my na Suid-Afrika moet kom, ja jy moet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam