Ek begin skryf sonder om te weet wat ek uiteindelik gaan skryf

Ek wil ‘n bietjie skryf maar ongelukkig het ek geen nuus om te berig nie dus vermoed ek dat hierdie pos nie baie interessant sal wees om vir julle te lees nie! Tans is alles baie stil en ek wag net tot Kersfees en ‘n paar dae vakansie. Hierdie jaar gaan my vrou met vakansie na Argentinë toe met vriende so ek alleen tuis sal bly. (En onthou, ek was drie weke in Julie na Suid-Afrika en Namibië toe.) My plan is om dinge te vind om te doen om myself besig te maak. Ek is ‘n bietjie lui en is altyd bly om niks te doen maar sonder om dinge vir drie weke te doen is ek bang dat die geleentheid nie goed vir my sal wees nie. Daar’s altyd die die groot en baie ware gewaar dat ek net in die kroeg vir drie weke sal sit en suip!

Soos ek vroeër geskryf het (en julle het nie vergeet nie, nè?), gaan ek as vryvilliger in ‘n sentrum vir huislose mense vir ‘n paar dae werk. Ek wil ook ‘n plan maak sodat wanneer ek nie by die werk is nie sal ek die vrye tyd in ‘n positiewe manier gebruik en sal nie net op die sofa sit en televisie kyk nie! So, ek wil fietsry en ander aktiwitiewe maak, Duits leer – hoofsaaklik om my woordeskat te laat groei – nie te laat slaap nie en nie te laat bed toe gaan nie, DVD boxsets kyk ens. Sal ek dit bereik? Wel ek weet nie maar sonder om te probeer om te mik, kan ek nie slaag nie.

Vrydag gaan ek na Ebiburgh toe om my pa (die outjie uit Johannesburg) en een broer en sy kinders te besoek. Miskien het ek gesê dat ek selde Skotland toe gaan en die reed is eenvoudig; ek het as kind op baie verskillende in Skotland gebly, toe ons in VK gebly het. Natuurlik toe wou ek altyd ontsnap en na êrens anders toe gaan. Maar nou dat ek ouer is besef ek beter dat ek soms moet daarnatoe gaan en “gesin dinge” doen. Ek ken skaars my broer se kinders en nou dat hulle op die ouderdom is dat hulle “‘n bewusstyn” begin ontwikkel (miskien nie die beste verduideliking nie), moet ek die poging maak om hulle te leer ken. Gelukkig is dit ook ‘n geleentheid vir my om hulle as Arsenal bewonderaars te probeer maak, dit sal my erfenis vir hulle wees! Ook raak elke jaar my pa ouer – net soos almal, ek weet – maar sy gesond is nie so goed nie en ons ken ook mekaar nie goed nie, so dis belangrik dat ons nou as volwasse mense ‘n ware vriendskap probeer om te maak. Ek het vir my pa gesê dat miskien hy saam na Suid-Afrika in 2009 wil kom. Hy is maar op drie keer terug in Suid-Afrika sedert hy in 1962 verlaat het so dit sal miskien sy laaste geleetheid wees om die land van sy geboort te gaan besoek en om sy broers en familie te sien. As hy kom dan hoop ek dat hy sal ophou kla oor die feit dat hy nooit gasvryheid van sy broers kry nie!

Ook, ‘n goeie vriend bly in Edinburgh en ek wil hom sien, dus kan ek van die gesin ontsnap as ek voel ek moet!

One thought on “Ek begin skryf sonder om te weet wat ek uiteindelik gaan skryf

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam