Daily Archives: 09/11/2008

Om na Calais toe te gaan

Vrydag het my vrou en ek Calais toe met die veerboot gegaan. Ons was maar ‘n paar ure in Calais maar dit was lekker om “oorsee” te gaan en ‘n bietjie inkopies te doen.

Calais is nie ‘n pragtige stad nie. Dis baie onmerkbaar maar die stadhuis of hotel de ville is mooi en lyk tipies van noord Frankryk, in Frans-Vlandere. Oorspronklik was Calais (Kales in Nederlands) ‘n Nederlandssprekende stad wat nou heeltemal verfrans het. Ek dink daar’s maar ‘n paar duisende mense in Frans-Vlandere wat Nederlands/Wes-Vlaams nog op ‘n daglikse basis praat meestal nader aan Dunkerque/Duinkerke en die grens met België.

Dis snaakse ding is dat wanneer jy in die buiteland is, dink jy dat jou mee-burgers baie ongesofistikeerd is. Jy hoor hulle in die winkels en restaurants en op die paaie. Ons het met die kelner en die verkoopsvrou in Frans probeer praat, wat ons baie geniet het. Die ander Brits het net ‘n paar woorde in baie hard Frans gepraat – “CHAMPIGNONS!”, “A BEER S’IL VOUS PLAIT!”. En dis waar dat Britse mense altyd omlette en skyfies bestel!

Maar ons moet nie kritiseer nie. Dis altyd moeilik en vreemd wanneer jy na ‘n andertalige land toe gaan wie se taal jy praat nie. Soms is dit maklikker om net ‘n paar woorde te sê en hoop dat hulle Engels verstaan. Daar’s altyd buitelanders in Londen wat nie goeie Engels praat nie en wat jy moet help. Ek hou van die feit dat mense my stad wil besoek ondanks hulle nie die taal goed ken nie. Daar’s geen verskil tussen dié Britse mense wat geen Frans ken nie en ek nie. Ons is beide oorsee en wil net die land en mense sien. Miskien is ons so merkbaar soos Suid-Afrikaners wat altyd Springbokke hemde dra, en ja ek het iemand in Calais ook gesien.

Ek dink na kere toe miskien my ma of vriende (en ja, miskien ek ook!) met ‘n buitelander praat, wat nie Engelssprekend is nie, en sê baie stadig en hard iets soos “You speak very good English!” of “French wine is very good!” (asof ‘n Fransman/vrou dalk dit twyfel!) of “Pedro Almodovar makes very good films!”. Ja ek dink ons kan ‘n bietjie vinniger praat, hulle kan nog verstaan! Ons is soms moerse snaaks wanneer ons onsself hoor praat.

En dis nie asof jy moet vir jou hele lewe bly nie. Na ‘n paar ure of dae kom jy terug met goeie geheues.