Ek begin skryf sonder om te weet wat ek uiteindelik gaan skryf

Ek wil ‘n bietjie skryf maar ongelukkig het ek geen nuus om te berig nie dus vermoed ek dat hierdie pos nie baie interessant sal wees om vir julle te lees nie! Tans is alles baie stil en ek wag net tot Kersfees en ‘n paar dae vakansie. Hierdie jaar gaan my vrou met vakansie na Argentinë toe met vriende so ek alleen tuis sal bly. (En onthou, ek was drie weke in Julie na Suid-Afrika en Namibië toe.) My plan is om dinge te vind om te doen om myself besig te maak. Ek is ‘n bietjie lui en is altyd bly om niks te doen maar sonder om dinge vir drie weke te doen is ek bang dat die geleentheid nie goed vir my sal wees nie. Daar’s altyd die die groot en baie ware gewaar dat ek net in die kroeg vir drie weke sal sit en suip!

Soos ek vroeër geskryf het (en julle het nie vergeet nie, nè?), gaan ek as vryvilliger in ‘n sentrum vir huislose mense vir ‘n paar dae werk. Ek wil ook ‘n plan maak sodat wanneer ek nie by die werk is nie sal ek die vrye tyd in ‘n positiewe manier gebruik en sal nie net op die sofa sit en televisie kyk nie! So, ek wil fietsry en ander aktiwitiewe maak, Duits leer – hoofsaaklik om my woordeskat te laat groei – nie te laat slaap nie en nie te laat bed toe gaan nie, DVD boxsets kyk ens. Sal ek dit bereik? Wel ek weet nie maar sonder om te probeer om te mik, kan ek nie slaag nie.

Vrydag gaan ek na Ebiburgh toe om my pa (die outjie uit Johannesburg) en een broer en sy kinders te besoek. Miskien het ek gesê dat ek selde Skotland toe gaan en die reed is eenvoudig; ek het as kind op baie verskillende in Skotland gebly, toe ons in VK gebly het. Natuurlik toe wou ek altyd ontsnap en na êrens anders toe gaan. Maar nou dat ek ouer is besef ek beter dat ek soms moet daarnatoe gaan en “gesin dinge” doen. Ek ken skaars my broer se kinders en nou dat hulle op die ouderdom is dat hulle “‘n bewusstyn” begin ontwikkel (miskien nie die beste verduideliking nie), moet ek die poging maak om hulle te leer ken. Gelukkig is dit ook ‘n geleentheid vir my om hulle as Arsenal bewonderaars te probeer maak, dit sal my erfenis vir hulle wees! Ook raak elke jaar my pa ouer – net soos almal, ek weet – maar sy gesond is nie so goed nie en ons ken ook mekaar nie goed nie, so dis belangrik dat ons nou as volwasse mense ‘n ware vriendskap probeer om te maak. Ek het vir my pa gesê dat miskien hy saam na Suid-Afrika in 2009 wil kom. Hy is maar op drie keer terug in Suid-Afrika sedert hy in 1962 verlaat het so dit sal miskien sy laaste geleetheid wees om die land van sy geboort te gaan besoek en om sy broers en familie te sien. As hy kom dan hoop ek dat hy sal ophou kla oor die feit dat hy nooit gasvryheid van sy broers kry nie!

Ook, ‘n goeie vriend bly in Edinburgh en ek wil hom sien, dus kan ek van die gesin ontsnap as ek voel ek moet!

Ja ek moet erken dat ek baie opgewonde is

So dit betref nie aan Afrikaans nie, ek weet. Maar nadat so ‘n lang wag moet ek nou net vir een week meer wag. Ek het reeds nege liedjies as demos afgelaai en hulle is moerse goed. Ek dink.

function Launch4(page) {OpenWin = this.open(page, “Spinlets”, “toolbar=no,menubar=no,location=no,scrollbars=no,resizable=no,width=340,height=380”); }

Ek blameer die weer en miskien ook ‘n paar ander dinge, ek weet nie

Ek weet nie hoekom nie maar tans is ek heeltemal gatvol en verveld. Niks interesseer my nie – veral werk, natuurlik! Ek dink een reed is dat ek nie vir ‘n paar dae Krav Maga gedoen het nie dus voel my liggam baie moeg en ek is baie prikkelbaar. Ek probeer ook om nie te veel geel uit te gee nie en sonder om so te doen, ek vra jou, wat ook kan ‘n mens doen?

Ek gaan vanaand twee ome uit Johannesburg sien want hulle besoek Londen vir ‘n paar dae, wat baie lekker sal wees. Ons het gehoop om na ‘n Chakalaka toe, ‘n Suid-Afrikaanse restaurant, te gaan maar ongelukkig is dit toe vir ‘n paar dae nadat daar ‘n brand gewees was.

So los ‘n kommentaar om my weer gelukkig te maak voel asseblief! Jy weet mos dat jy wil doen.

Om na Calais toe te gaan

Vrydag het my vrou en ek Calais toe met die veerboot gegaan. Ons was maar ‘n paar ure in Calais maar dit was lekker om “oorsee” te gaan en ‘n bietjie inkopies te doen.

Calais is nie ‘n pragtige stad nie. Dis baie onmerkbaar maar die stadhuis of hotel de ville is mooi en lyk tipies van noord Frankryk, in Frans-Vlandere. Oorspronklik was Calais (Kales in Nederlands) ‘n Nederlandssprekende stad wat nou heeltemal verfrans het. Ek dink daar’s maar ‘n paar duisende mense in Frans-Vlandere wat Nederlands/Wes-Vlaams nog op ‘n daglikse basis praat meestal nader aan Dunkerque/Duinkerke en die grens met België.

Dis snaakse ding is dat wanneer jy in die buiteland is, dink jy dat jou mee-burgers baie ongesofistikeerd is. Jy hoor hulle in die winkels en restaurants en op die paaie. Ons het met die kelner en die verkoopsvrou in Frans probeer praat, wat ons baie geniet het. Die ander Brits het net ‘n paar woorde in baie hard Frans gepraat – “CHAMPIGNONS!”, “A BEER S’IL VOUS PLAIT!”. En dis waar dat Britse mense altyd omlette en skyfies bestel!

Maar ons moet nie kritiseer nie. Dis altyd moeilik en vreemd wanneer jy na ‘n andertalige land toe gaan wie se taal jy praat nie. Soms is dit maklikker om net ‘n paar woorde te sê en hoop dat hulle Engels verstaan. Daar’s altyd buitelanders in Londen wat nie goeie Engels praat nie en wat jy moet help. Ek hou van die feit dat mense my stad wil besoek ondanks hulle nie die taal goed ken nie. Daar’s geen verskil tussen dié Britse mense wat geen Frans ken nie en ek nie. Ons is beide oorsee en wil net die land en mense sien. Miskien is ons so merkbaar soos Suid-Afrikaners wat altyd Springbokke hemde dra, en ja ek het iemand in Calais ook gesien.

Ek dink na kere toe miskien my ma of vriende (en ja, miskien ek ook!) met ‘n buitelander praat, wat nie Engelssprekend is nie, en sê baie stadig en hard iets soos “You speak very good English!” of “French wine is very good!” (asof ‘n Fransman/vrou dalk dit twyfel!) of “Pedro Almodovar makes very good films!”. Ja ek dink ons kan ‘n bietjie vinniger praat, hulle kan nog verstaan! Ons is soms moerse snaaks wanneer ons onsself hoor praat.

En dis nie asof jy moet vir jou hele lewe bly nie. Na ‘n paar ure of dae kom jy terug met goeie geheues.