Suid-Afrikaanse koerante in Londen

Ek is man van roetine. Ek doen dieselfde dinge die hele tyd. Elke vrydagoggend het ek uit die moltrien in Leicester Square stasie afgestap, ‘n tee van Starbucks gekoop en die nuwe uitgawe van SA Times UK gekry. Toe het ek na werk toe geloop. Elke maand het ek Die Stem ook gekry. Dit was baie lekker.

Net ‘n paar maande gelede was daar drie (ek dink) gratis Suid-Afrikaanse koerante in Londen, naamlik SA Times UK, Die Stem en The South African. Maar nou het alles verander. Ek verstaan dat SA Times UK – wat in Engels was maar met ‘n paar berigte in Afrikaans – bankrot gespeel het. Die Stem is nou net ‘n half-blad en een berig in The South African, wat nou die enigtse Suid-Afrikaanse koerante in Londen is.

So ek vra, hoekom? Is daar nie geneog Suid-Afrikaners in Londen om ‘n paar koerante te ondersteun nie? Het niemand die koerante gelees nie? Wil niemand die koerante lees nie? Daar’s nou veel gratis koerante vir mense uit Rusland en Pole so dis ‘n groot skaam.

Wat kan ons doen? Wat wil mense doen?

6 thoughts on “Suid-Afrikaanse koerante in Londen

  1. Christine

    Dis hartseer dat die SA Times nie meer bestaan nie. Veral omdat dit verreweg die beste koerant uit die drie was.
    Een van die redes hoekom dit gevou het (dink ek) is omdat dit die enigste koerant is wat geld in joernaliste belê het, sodat die koerant oorspronklike stories kon hê, wat behoorlik geproeflees is.
    Die South African, aan die ander kant, is glad nie skaam om ander mense se stories te steel/herskryf nie, en elke tweede paragraaf het omtrent ‘n spelfout in.

    TNT het nou die SA Times gekoop.

  2. Alexander

    My vriend in Kaapstad was joernalis by SA Times in 1999-2000 hier in Londen toe ek die koerant begin lees. Destyds was hy die enigste Afrikaans joernalis en so moes veg om te hê dat die koerant Afrikaanse artikels kon bevat. Is TNT goed?

    Die South African is nie so indrukwekkend nie, maar ek is Brit en lees eerder Afrikaans.

  3. Christine

    TNT is net Engels. Ek twyfel of hulle ooit iets in Afrikaans sal publiseer. Miskien online.

    Wie’s jou vriend? Ek het soms vir die Afrikaanse blad geskryf, maar vermoedelik lank nadat hy weg is by die koerant.

  4. Alexander

    My vriend se naam is Sybrandus Adema en was ook tot onlangs joernalis by Burger in Kaapstad.

    Ek het baie geniet om die Afrikaanse artikels te lees. Ja, ek het soms ‘n bietjie gesukkel maar ek het die hele tyd nuwe woorde en uitdrukkings geleer. Dit was so lekker om in Starbucks of êrens met die koerant en tee te sit en te lees.

  5. Christine

    Ek herken Sybrandus se naam. Ek dink hy’t ‘n paar jaar voor my joernalistiek by Stellenbosch geswot.

    Starbucks en tee? Jy kan miskien Afrikaans praat, maar jy bly ‘n Brit! 🙂

  6. Alexander

    Ja dis hy. Hy het eintlik vir my ‘n paar van sy ou artikels in Die Matie gegee. Toe ek in Kaapstad in Julie was het ek by hom vir ‘n paar dae gebly.

    En ja jy’s reg, ek is baie Brit!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam