Daily Archives: 02/07/2008

Wat het ek in Suid-Afrika gedoen?

Ek is nou ‘n paar dae in Suid-Afrika en ek het so ‘n mooi verblyf.

Ek het in Walmer Estate gebly waar my vriend Sybrandus se huis is. Sondag was ek Bo Kaap toe wat baie mooi is met die pragtige en kluervolle huise. Toe het ek na Tafelberg gegaan. Die uitsig is uitstekend maar ongelukkig het die wolke gekom sodat ek nie te veel kon sien nie. In die aand het ons die voetbal gekyk in ‘n kroeg op Langstraat.

Maandag het ons na Skiereiland getrek. Ons het ontbyt in Kalkbaai geëet, die restaurant is ‘n ou spoorwegwa wat baie mooi is. Toe het ons deur Vishoek gery na Simonstad. Ons het die Vloot Museum besoek wat baie interessant is. Toe het ons na die Kaappunt toe gegaan. Dit was baie winderig maar die son geskyn het en die uitsig is fantasties en ek het veel foto’s geneem. In die aand was ons in Groenpunt.

Dinsdag het ek die Kasteel besoek. Ek het baie daarvan gehou – ek hou van die Kaap se geskeidenis en ook militêre geskeidenis. Toe het ek die Slawe Museum en die Joodse en Holocaust Museums besoek wat baie interessant is.

Ek is nou in Melkbosstrand met Eben en Natalie se familie. Dis ‘n stille dorpie ‘n paar kilometers noord van Kaapstad af wat aan die kus lê. En vandag – ek het in die oseaan geswem! Ja, ek was die sneeu-wit Engelsman in die see wat soos ‘n walvis lyk!

Môre gaan ons Namibië toe en ek weet nie hoe dikwels ek die internet sal kan lees nie. Daarna sal ek terug in Kaapstad wees en hopelik sal al my neefs en niggies sien.

Ek probeer om Afrikaans die hele tyd te praat en ek hou baie van die geleentheid om dit te doen. Orals hoor ek Afrikaans – ou mense, volwasse mense en kinders van alle rasse so dis goed om uit te vind dat die taal so belangrik in die Kaap is. Hopelik sal ek verafrikaans!