Werk nuus

Ek het vroeër gesê dat ek op ‘n tydelike verhoging by die werk is. Wel ek het hiedie week die werk op ‘n permanente basis op die hoër graad gekry. Geen meer geld nie, maar die belangrike ding is dat dit geen min geld is nie. Nou kan ek die drie weke in Suid-Afrika en Namibïe bekostig.

Windhoek lager in die kroeg

Ek was gisteraand in The Crobar (goeie metaal/rock kroeg in Soho) en was baie bly om te vind dat hulle nou Windhoek lager verkoop. Ja ek weet ek sê ek het ophou drink, maar ek moes ‘n bottel koop.

Nou weet jy waar jy moet gaan wanneer jy weer in Soho is.