Skool in Londen waar kinders vreemde tale moet leer

Hierdie onlangse berig in die Independent was baie interessant. Dis goed om te sien dat klompie kinders in Londen ‘n bietjie Afrikaans moet leer!

The primary school where every child learns to speak 40 languages
In fact, Latin is now being considered by the school as a future candidate for another language of the month so the entire school from the age of four upwards can get some basic knowledge of the subject. In the meantime, though, the lessons in Nepali will continue until after Easter, at which point the school will embark on its 41st language of the month – Afrikaans.
“We have one pupil at the school who speaks that language,” revealed Mr Debono.

Mense kla dikwels dat Engelse mense nie vreemde tale wil leer nie – en dis waar. Maar op die ander kant is dit altyd moeilik vir ons – dié wat Engelse as moedertaal spreek – want soveel mense wil Engels leer. Ons moet besluit watter taal die beste is – okei Afrikaans, natuurlik! Wat ek bedoel is, wat sal ons kies – die tradisionele Europese tale – Frans, Duits, Spaans, Italiaans – die “nuwe” tale – soos Arabies, Sjinees taal, Hindi, Oerdoe, Russies – of net een ander, “uitheemse” taal – soos Nederlands, Tjeggies, Turks, Somali. Daarna is daar ook die probleem dat dikwels jy miskien baie min geleenthede het om die taal op ‘n daglikse basis te praat tensy jy in die taal se land bly. Jy kan tale leer, maar hoe goed wil jy die taal praat? Is dit net iets om te doen sodat jy iets op vakansie kan praat? Of wil jy vlot word?

Van kleins af moes ek Frans en Latyn op skool leer en daarna het ek Spaans en ‘n bietjie Oud-Grieks geleer. Ongelukkig het skole baie selde mense aangemoedig om tale te aanhou leer nadat dit nie meer verplig was nie. Ek wonder net hoeveel van die kinders in die berig sal daai uitdrukkings van die nuwe, vreemde tale onthou wanneer hulle ouer is. Ek onthou nou amper geen Frans, Latyn, Oud-Grieks, Spaans of Sweeds.

Die enigste ding wat ek weet is dat ek meer werk op my Afrikaans en Duits moet doen. Totsiens en auf Wiedersehen.

10 thoughts on “Skool in Londen waar kinders vreemde tale moet leer

  1. Alexander

    Alles gaan goed dankie. Ongelukkig het geen ware “nuus” om te berig so ek moet oor ander dinge skryf totdat ek eintlik iets doen wat ek vir almal kan sê!

  2. nikita

    my kind het nou haar GCSE in Afrikaans gedoen! Daar was ‘n kasset wat ook gespeel is vir die luisteroefeninge en die juffrou ken mos GEEN AFrikaans nie, my kind moes maar vir haar se wanneer om die kasset te stop/aan te draai ens. haha… sy al die uitslae eers in Jan/Feb kry, dalk later…maar dis deur Cambridge/Oxford en jy kry voorbeelde op die net ook (vraestelle)

  3. Alexander

    Nikita kan jy vir my meer ingligting oor die Afrikaans GCSE stuur? Ek wil iets doen as dit moontlik is.

  4. nikita

    hi Alexander, ek het per toeval gesien daar kom ‘n link deur na my blog, anders sou ek hierdie boodskap van jou nie weer gesien het nie…dus, herinner my weer daaraan, miskien op my blog, dis nou byna middernag, ek sal die besonderhede eers more-aand (as daar tyd is…en ek onthou!) my my kind moet kry, sy weet waar om dit op die web te kry. Haar skool het ook als gereel toe sy vir hulle gese het sy stel belang. Sy het dit ook in tweede taal gedoen omdat sy nie tyd gehad het om al die gedigte/prosa ens te bestudeer nie, dus moes dit ‘n baie maklike vraestel gewees het, neem ek so aan! Maar ek sal vir jou die detail gee! Dis net dat blogspot-boodskappe nie op WP “wys” nie en daarom is dit nie maklik om dit op te volg nie.

  5. Alexander

    Baie dankie vir die inligting. Ek sal dit lees en dan vra jou ‘n paar vrae daaroor. Miskien sal ek dit doen.

  6. nikita

    hi Alexander, dis ‘n plesier, as jy terugkom na my, kom terug via ‘n boodskap op my blog, want hierdie link wat na my blog deurgekom het, gaan nou “verdwyn” en ek gaan nie weet wanneer om weer hier te kom lees nie. As dit ‘n WP blog was, sou ek die opvolg kon optel en jou terugantwoord…sterkte!

  7. boervrou

    Ek soek ou vraestelle en ek kom nou by jou uit!

    Die vraag is gaan hulle die ekstra tale gebruik, soos ons hier sotho of zoeloe eintlik KAN gebruik(maar nie noodwendig gaan nie!).

  8. Alexander Post author

    @boervou, dis moeilik om te weet of hulle die taal gaan gebruik maar ek vermoed hulle sal net ‘n paar woorde en uitdrukkings leer en dan die volgende week vergeet alles as hulle dieselfde terma in verskillende taal leer. Dis seker nie dieselfde as om ‘n vreemde taal te leer of op ‘n gereelde basis te praat nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam