Geen drink, geen kombuis – dis die lewe

Op die begin van die jaar het ophou drink. Dis nie ‘n blywende ding nie (ek hoop!) en ja ek het een of twee biers gehad maar nie meer en ek het nie dronk geraak nie. Elke af en toe neem ek ‘n vakansie van drink en elke keer geniet ek dit en hierdie tyd is nie anders nie. Ja dis ‘n bietjie vreemd om in die kroeg te sit en jou vriende drink/suip maar die grootste probleem is dat daar niks is om te koop wat beide nie duur en nie-alkolies is nie so ek probeer om nie kroeg toe te kom. Maar, ek mis nie om wakker met ‘n klein seer kop te word nie. Elke oggend voel ek goed geslaap en ek is baie ryker. Wel, ek sê “ryker”…

Op die oomblik het ons ‘n nuwe kombuis geïnstaleer wat natuurlik meer duur is as ons vroeë gehoop het. As gevolg moet ons dikwels nuwe dinge gaan koop en ons bouers – ‘n vriend van ons en sy maatjie – neem langer om die werk te doen as ons wil hê. Dis reeds twee week laat en die ding wat ons pla is dat hulle net twee hele dag se werk moet doen voordat dit voltooi word maar hulle werk nou net ‘n paar uur elke dag sodat dit talm (die regte woord?). Dit sal die moeite werd wees maar nou is ons gatvol.

So, hoe bly klink ek – geen bier, geen kombuis en Arsenal is gister in die FA Cup gedonner! Wanneer begin Maart?

4 thoughts on “Geen drink, geen kombuis – dis die lewe

  1. mykopop

    Ha ha! Jy is baie gelukkig om jou kombuis so gou te kry. Ek het laas jaar Augustus met ons kombuis begin. OK, ek het ‘n tweede kombuis in ons huis gebou, omdat ons dit eendag in die toekoms in 2 wooneenhede kan verdeel, dus ons het darem ‘n kombuis. Nou sukkel ek baie om die deure te kry wat ingebou moet word, die goed wat hulle vir my afgelewer het is net nie reg nie. Intussen doen ek ander werk om alles beter georganiseer te kry.

    “Talm” is nie vir my heeltemal die regte worod nie, ek dink “sloer” pas ‘n bietjie beter. Die woord “talm” sou mens soos volg gebruik, bv. “Ons moet nog eers ‘n bietjie talm voor ons gaan, anders kom ons te gou daar.”

    Daar was altyd so ‘n geselsprogram op RSG aangebied deur Evert Snyman met sy gas Simon Fourie (dink ek), oor motorfietse. Simon is Engelssprrekend maar baie geinteresseerd in Afrikaanse woorde. Hy sou partykeer sê “hierdie is ‘n snaakse woord”. Ek dink ou Simon so ook sê “sloer” is ‘n snaakse woord!

  2. Alexander

    Dankie vir die raad oor watter woord ek moet gebruik. Ja, ek bedoel “sloer”. So nou het ek ‘n nuwe woord geleer.

    Een probleem met ons kombuis wat jy ervaar nie is dat wanneer ek huistoe kom nadat werk en wil ontspan is die bouers nog hier.

  3. mnr.muller

    Ja-nee, by ons sal die bouers al lankal die huis rot en kaal* gesteel het teen die tyd dat jy terugkom. 😉

    Ek’t ook ophou drink vir so ‘n paar weke nou, maar ja, dis maar lastig/irriterend om na ‘n kroeg te gaan as jy nie saam met die ouens rondom jou kan kuier nie.

    …maar ‘n mens word wakkerder wakker in die oggende!

    Ek’s bly jy leer Afrikaans – doe zo voort!

    * rot en kaal = rat and naked: figurative language: hulle sou alles in die woonstel/kombuis gesteel het.

  4. Eben van Renen

    Ek gaan vir Alexander laat weet dat een of ander bliksem sy blog oorgevat het. Jy is ‘n bedrieer!!!!

    (Die fout wat jou leuen verklap het is: “Op die begin van die jaar het ophou drink. Dis nie ‘n blywende ding nie (ek hoop!) en ja ek het een of twee biers gehad maar nie meer en ek het nie dronk geraak nie. Elke af en toe neem ek ‘n vakansie van drink en elke keer geniet ek dit en hierdie tyd is nie anders nie”)

    HA!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam