Daily Archives: 08/02/2008

Karen Zoid gig

Ek het vanaand Karen Zoid gaan sien, sy speel twee aande by Union Chapel op Upper Street in London en het net akoestieke liedjies gespeel. Ek weet net haar musiek ‘n bietjie en natuurlik verkies ek die Afrikaanse liedjies bo dié in Engels. Ek het dit baie geniet maar nie soveel soos al die Suid-Afrikaners nie wat al haar grappies beter verstaan het. Ongelukkig is dit ook Vrydagaand so ek het laat gekom en ek weet nie hoeveel ek gemis het nie.

As ek een dag uitwerk hoe om my kamera te gebruik dan sal ek baie mooi foto’s neem maar tans weet ek nie, so onder is die enigste goeie foto wat ek gekry het.

Vanaand is ek nie in die sone met my Afrikaans nie! Ek kan nie in die taal dink nie. Die volgende pos sal veel beter wees.