Wanneer kom ek Suid-Afrika toe? En die antwoord is…

Ek het die ander naweek lekker gesels met Eben en Natalie van potgooi.ca oor planne om Suid-Afrika toe te kom. Hulle gaan SA toe in Julie en wil ook van Kaapstad af na Namibïe toe ry en het my gevra of ek saam met hulle wil kom. My aantwoord natuurlik is ja (of as ek Fritz Deelman is, bepaald!). My baas het gesê dat ek vakansie mag neem so ek moet nou hê dat sy haar beslissing sal bekragtig.

My idee is om Namibïe en miskien en ‘n ander land te besoek. As ek Vrystaat toe gaan dan miskien kan ek Lesotho besoek – wel, dis die enigste land wat heeltemal binne Suid-Afrika is so dis die naturlike keus en Bop (wat ek besoek het) bestaan nie meer nie. Ek het ‘n vriend in Kaapstad wat by Burger werk en wil by hom kuier en dan wil ook Stellenbosch toe ry want my neef studeer tans op die universiteit en ek wil die wynplaase sien. Ek wil ook ‘n paar dae in Johannesburg bly om die wye familie te sien en hopelik sal hulle idees hê om wat ek moet doen. As ek kan, wil ek ‘n Afrikaanse familie of klein dorpie vind sodat ek in ‘n heeltemal Afrikaanse omgewing vir ‘n paar dae kan bly en verafrikaans!

So nou moet ek vliegkaartjies koop en geld spaar.

5 thoughts on “Wanneer kom ek Suid-Afrika toe? En die antwoord is…

  1. machiel

    Geniet dit!

    Lesotho is pragtig, maar vrekkoud, daai tyd van die jaar!!!

    Ons gaan in Oktober SA toe, so ek is nie so erg jaloers nie… 🙂

  2. My Kop Op 'n Blok!

    Haai Alexander, ek sien sommer namens jou uit daarna, sodat jy bietjie lekker Afrikaans kan praat. Onthou geen woord Engels nie – as die persoon Engelssprekend is, dan sê jy vir hom jy kan Engels beter praat as Afrikaans, maar jy wil nie!

    Miskien moet jy oorweeg om na die Kgalagadi Transfrontier Park te gaan wat gedeeltelik in SA en gedeeltelik in Botswana is.

    Slim se kommentaar lyk vir my na niks anders nie as spam!

  3. Alexander

    Machiel, dankie vir die raad. Maar as Brit miskien sal ek dit nie koud vind nie!

  4. Alexander

    Kop

    Die Kgaglagadi klink baie interessant en as ek kan besoek dan is daar die geleentheid ook om Botswana toe te kom. Jou foto’s van Noord-Kaap is baie mooi en hulle het my geïnspireer om te besoek.

    En my plan is net om soveel Afrikaans soos moontlik te praat sodat wanneer ek terug kom, sal ek sukkel om Engels te praat! Ek sal jou laat weet wat ek rangskik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam