Daily Archives: 20/01/2008

‘n Siek kat is ‘n dure kat

Ons het hierdie week uitgevind dat ons kat Barney suikersiekte het. Hy’s ‘n groot kêrel so dis geen verrassing nie – die veearts het ons gewaarsku. Hy was 9kg maar in die laaste vier weke het hy omtrent 2kg verloor. Ons moet nou vir hom twee keer elke dag ‘n inspuiting gee en hy moet minder vreet maar dit lyk asof hy reeds verbeter en meer bly is. Gewoonlik is hy nie baie vriendelik nie – hy’s afsydig eintlik en meer as die ander katte – maar nou word hy bly om saam met ons te sit en jol. Daar’s ‘n foto van hom onder.