Daily Archives: 03/01/2008

Wat’s nuut in 2008?

Dis ‘n nuwe jaar en reeds voel ek ek het meer bereik as verlede jaar!

Ek is op vakansie maar ek moes vandag by die werk vir ‘n paar ure kom maar dit was net om ‘n paar klein dinge te doen. Ek het ‘n epos ontvang van iemand belangrik by die werk af wat wil hê dat ek by haar span kom aansluit. Ek dink daaroor.

Ook het ek aansoek vir my rybewys gedoen – dis beslis anders hier as in Suid-Afrika. Ek ken veel mense wat nie kan ry nie en in Londen het ons die vervoerdienste so dis geen probleem nie. As ek hierdie jaar Suid-Afrika toe wil kom moet ek kan ry so sodra dit kom sal ek lesse koop.

Ek het ‘n bietjie navorsing gedoen om Afrikaanse klasse te kry. Een skool wat private lesse gee is baie, baie duur – £50/R700 elke klas! Ek hou van die taal, maar miskien nie soveel nie. Daar’s een ander skool wat ook lesse gee so ek sal vra of hulle aan my die onderwyseres se epos kan gee sodat ek iets kan reël. Ek wil my aksent en uitspraak verbeter omdat my gesproke Afrikaans nie so goed soos my geskrywe Afrikaans is nie. Op die een kant wil ek verbeter maar op die ander kant is ek trots op die feit dat ek myself die taal geleer her sonder klasse so ek moet besluit of ek na omstandighede wil skik en soek ‘n ander mense se hulp.

Beslissings, besluite.