Engeland klop Australië, Klopjag by Aardvark

Wie het gedink Engeland sal Australië gaan donner? Soos jy weet, weet ek baie min oor rugby maar ek weet hulle is miskien die beste span ter wêreld en hulle spelers en bewonderaars is altyd so vurig. Vroeër het ek dit eintlik geglo – wel hulle sê-sê die hele tyd. Ek het uitgewerk ons het in ‘n manier gespeel wat hulle verhinder om hul gewoonlik styl te speel. Ek was in Soho en daar was mense op die paaie wat in die kroeë se fensters in kyk en in die laaste paar minute kom klompie mense by die kroeg in om te kyk en toe die skeidsregter gefluit het, het almal gebrul! En Frankryk teen Nieu-Seeland? Jislaaik, die suid halfrond is iets anders…

Saterdagaad het ek Klopjag by Aardvark gaan sien. Ek weet nie sy musiek nie maar ek het dit baie geniet en daarna het my vriend Judy aangedring dat ons die band moet ontmoet sodat sy kon verduidelik dat ek myself die taal geleer het. Ek was so geëmbarrasseerd maar die twee ouens was gawe kêrels en baie vriendlik en ons het ‘n baie klein bietjie gejol. Ek het probeer om ‘n foto op te laai maar tans werk die rekenaar nie.

2 thoughts on “Engeland klop Australië, Klopjag by Aardvark

  1. Eben van Renen

    Ja, ek het baie gewonder oor jou toe Engeland die onmoontlike reggekry het. Weet jy dat Facebook nou ‘n “I hate Jonny Wilkinson” groep gestig het? Baie wallebees as lede…

  2. Alexander

    Ja wel no fine. As mense van die Land Onder wil hom haat daan laat hulle in hul bier ween as ons in die finaal speel!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam