Daily Archives: 12/05/2007

Alles is so stil, wat doen jy swaer?

Jammer dat alles so stil gewees was. Dis meer as een hele maand gelede sedert ek my laaste pos gedoen het en natuurlik wil ek hê dat julle dink ek is so besig maar dis nie eintlik waar nie!

Verlede Saterdag het ek die legendarise Koos Kombuis by Aardvak sien speel. Nou ek weet nie sy liedjies nie maar ek weet genoeg om te weet dat hy een van die beroemdste Suid-Afrikaanse kunstenaars is – ter wêreld! Ek het dit baie geniet maar ek was ‘n bietjie teleurgestel dat ek alleen moes gaan – waar was julle? Daar’s ander kunstenaars wat daarby speel so ek wil terug gaan.

Vrydagaand het Johan, Willem en ek Wimbledon toes gegaan om ‘n paar biers te drink. Ons het lekker gejol en (weer) wêreld oorheersing vir die Afrikaanse Koffikroeg (die AKK) beplan. Miskien kom nou die AKK uit die as op!