Daily Archives: 13/01/2007

Januarie is nie die maand om uit te gaan drink nie

Vrydagaand het ek en ‘n vriend uit Leeds in Camden en Soho gaan drink, net soos elke naweek. Die mense was volop wat ‘n verrassing was aangesien dit baie koud en winderig gewees was. Maar dit was nie pret nie. Orals lyk soos dit stil was, mense het geen energie nie en ons het gevoel dat ons te groot ‘n poging moet maak om dit te geniet. Die bier was vuil (kettery!), die mense was lastig (net soos altyd!) en ek was meer as bly om met die nagbus huistoe te ry.

Dus het ek ‘n nuwe opmerking gemaak – die eerste werk Vrydagaand in die nuwe jaar is die slegste aand in die hele jaar en Januarie is die slegste maand om uit te gaan drink en te speel. Ek kan nie verduidelik hoekom nie. Miskien is almal so gatvol nadat die eerste week terug by die werk dat hulle net buite die huis wil gaan maar dit werk nie. Dis nie soos die dae wat tot Kersfees lei nie wanneer almal gelukkig en opgewonde is. Die eerste paar dae na Kersfees en in die nuwe jaar is teleurstelling. Die nuwe jaar is te jong om te weet wat gaan gebeur en wat nuwe ervarings jy gaan kry en geniet.

Nee, ek besef nou dat Januarie die maand is om tuis te bly, om geld te spaar, om weer ‘n bietjie werk te begin doen (maar nie te veel nie – almal verstaan dat jy nie nog in die nuwe jaar opgewarm het nie), om lekker te onstpan en om te besluit wat jy graag wil bereik en doen. Alles begin weer in Febuarie sodra jy betaal word. Dié is die eerste dag van die nuwe jaar.