Daily Archives: 16/11/2006

Die legendariese Bafana Bafana

Gisteraand het ek ‘n vriendelike sokker wedstryd tussen Suid-Afrika en Egipte in Brentford gaan sien. Ek moet sê dat Bafana Bafana nie indrukwekkend was nie – eintlik was hulle afskuwelik – en Egipte was baie beter en jy weet hoekom hulle die huidige kampioene van Afrika is. Ek het lekker gejol en dit was goed om soveel Suid-Afrikaners van alle rasse te sien – gewoonlik in Londen sien jy net jong Afrikaners of Engelse maar hulle is net ‘n klein deel van die hele Suid-Afrikaner bevolking in Londen. Gisteraand het ek ‘n wye verskeidenheid tale gehoor en almal was so trots op die span.

Maar dis nie soos om die Arsenal te kyk nie.