Donderdagaand

Ek sit en luister na Eben se potgooi wat baie goed is, net soos jy gedink het.

Ek het onlangs nie veel Afrikaans “gedoen” nie, ek is tans ‘n bietjie lui. Op die een kant gaan ek in November Fokofpolisiekar op twee keer sien speel en ek is baie opgewonde, maar op die ander kant het ek nie die taal gepraat nie. Ek probeer om elke dag ‘n bietjie Afrikaans te oefen – leer ‘n nuwe woord of lees ‘n klein berig maar tans is ons so besig op die werk wat eitnlik baie goed is.

Ek lees An Unpopular War wat ek op Kalahairi gekoop het. Ek’s nie Suid-Afrikaner nie maar dis tog interessant om hulle verhale te lees en om ‘n bietjie meer oor die land en die ervarring van soveel mense te ontdek. Ongeluk is daar te min Afrikaans.

Okei, dis al. Ek sal probeer om meer dikwels te skryf.

One thought on “Donderdagaand

  1. Anonymous

    Hallo ou swaer

    lyk my die afrikaans gaan nog goed aan. Dankie vir al die ondersteuning met die potgooi. Jy is ‘n regte lojale vriend. Laat my weet wat ek vir jou kan doen van hierdie kant af! Die volgende potgooi gaan handel oor:
    HALLOWEEN IN KANADA. En ‘n sekere nooi van my gaan ook daarop praat!!
    heh heh!
    PS. Hulle het gese dit sou nooit gebeur nie

    Groete
    Fritz EVR

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam